Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Dier

skuimvlokke
uit mondhoeke
daal soos sagte
fluweel wolke
neer op klam aarde
flanke beslaan met
korrels salpeter
wat oë brand
angs, adrenalien,
bloed uit oop wonde
vul hierdie stikkende lug:
die reuk van koerslose vlug.

takke breek
dorings steek
rasend,
kwylend waansinnig kom dit
nader
al nader
nog nader
met ivoor-dolke
wat vlees verskeur en vermink
maar endorfiene in houtvate
sal die pyn verdrink
wanneer dit my
verslind.

Jacques Pretorius

Spieël-gedrog

jy
kyk
na my
jou oë is
swart gering
helder rooi are
kronkel na
'n kortstondige ...
die hartvormige ...
een kortsigtige ...
tyd, tydstip, tydstipulasie
en oortreë jou regulasie
van middernag-lafenis
in riool-riviere
vol skuim en
drek en
lekkergoed-papiere
slaap
slaap
slaap
ek weet jy sal my oppas
wanneer ek jou blink glaskas
verdelg.

Jacques Pretorius

Die Element-gesang

(Vers 1)
Aarde:
bron van vitamien, yster
en koolhidrate.
o moeder,
baar vir ons die lewe
o moeder,
skenk aan ons die wonder
van
teenpersoneel-landmyn donder
en help 'n kind
om flarde-voet
voort te huppel
oor as en roet.

(Vers 2)
Lug:
gevolg van fotosintese,
gif kom heilsaam terug.
o moeder,
stil jou kinders se honger
o moeder,
voed ons uit oorvol skure
van
stikkend rook uit steenkool-vure
en help oumens
met suurstof-tenk,
bloed op sakdoek
is jou geskenk.

(Refrein)
juig, kinders, sing
verdoof die seer
wat môre bring.
skree, kinders, huil
bang die monsters
wat in ons skuil.

(Vers 3)
Water:
les die dors van wortel-stelsels,
loging teer 'n krater.
o moeder,
troos ons met donskombers
o moeder,
neurie 'n wiegie-lied
van
smorend diesel op seemond-tiet
en help seevoël
om te verstaan
waarom kossoek
haar oë laat traan.

(Vers 4)
Vuur:
laat verskuilde sade ontkiem,
ekosfeer se nier.
o moeder,
soen die einas beter
o moeder,
balsem hierdie wonde
van
Hiroshima maagd geskonde
en help 'n kind
met derdegraad
brandwond-eelte
aanvaar / vergeef / vergeet
jou
    smaad.

(Refrein)
sing, kinders, juig
kom prys die mens
se boos werktuig.
huil, kinders, skree
ons is met moeder
se bloed gekleë.

    Ah-ha-men

Jacques Pretorius

Kwaadaardig, terminaal

geprosesseerde macdonalds kos,
nikotien en teer wat ek moes los
en vrot gort in blink kalbas is mos
'n ryk kompos
waarin port jackson boom
kan gedy
kan floreer
en die inheemse flora
verdruk, veswelg, verstoot.
julle vang die dooie bloeisel,
pars dit in 'n staatsbybel
so plat en so kleurryk
soos 'n begrafnisbrief-kiekie,
sy lyding het verstryk
geen encore vir hierdie liedjie.

Jacques Pretorius

Laaitie

skaam loer jou
ma se hemel-oë
na my siel
en skater jou
oupa se pruilmond
tandeloos
weerloos
vir pappa se moeë oë
en masseer waaier arms
pappa se seer slape.

Jacques Pretorius

A*F*R*I*K*A

Dis white attack black
en black attack back:
hierdie is die rooikruis
se tent-dorp sop-kombuis,
jy sal moet vertrek
of van honger vrek
as jy jou half-rou steak soek.
(deur kameraad Marx vervloek)

Nog white attack black
en black attack back:
hierdie is 'n staatshospitaal
gebou deur wit baas so rojaal
'n siek kind lê uitgestrek
kan nie nog dokter-gat lek,
want die diners-club kaart se nulle
is bose ringe, bose pille.

Weer white attack black
en black attack back:
hierdie is 'n vryheidsfees
gelei deur 'n banknoot reus,
hande met dief-bloed bevlek
sorg vir sy eie stuk spek
'n held-profiel op vodde t-hemp
is genoeg om hongerpyne te demp.

Jacques Pretorius

Witbrood

armani, lacoste en boss
armsalige woolies kos
jou pa het met sy twee hande
jou trustfonds gebou met rande
gesweet deur die bantoe-bevolking
imuun teen reg se vertolking.

spiekeries gemanel
kan jy jou kind vertel
hoe kaal was jou voete
wat jou dra op die roete
deur wit gerypte
volvloer tapyte.

mercedes, jetski en vlos
armsalige woolies kos
jou kopdokter is van mening
beskutte jeug is 'n seëning
smart, skande, stres en depressie
jy's impotent, jou vrou 'n lessie.

die swaarkry van hierdie bitter lot
van vol maag, parasiet in die kop
is te veel vir prozac
is te veel vir ritalin
los jou knoffel en duiwelsdrek
dis makliker om van die tweede
verdieping af te spring.

Jacques Pretorius

Rock-ster 2006

Die mikrofoon ontplof
die hamer kneus die aambeeld
die gepeupel verdof
tot 'n verbruikers-drogbeeld
in 'n pelgrimstog na half-prys bruin rys!
ek het 'n koepon vir tien rand roomys!
Maar meneer
volgens my aanstellings-dokument
gedateer
dag van eerste droom so dekadent,
is my vergoedingspakket:
speel kitaar in plaas van rakket,
gereelde gebruik van 'n company-slet,
rum en coke,
weed en coke,
beskerm deur artikel 11457 van die company-wet.
Waarom meneer
doen ek die werk van 'n company-slet?
En eksploiteer
die firma my sogenaamde skryf-talent
vir die skep van 'n illusie
van kliënte wat heilsbesorgd
aan my hees stem vasgegord
eufories
sub-tragies
van hulle eie waansin gered word.
music sooths even the savage beast

Jacques Pretorius

Kamer

In my vierkantige
siersteen grot
kniel ek
welgeluksalig
voor die hoëtrou-god
en onderwerp ek my
baldadig
aan commercialised rock genot.

In my vierkantige
siersteen krot
vomeer ek
opinies gestol
op hammond, de vos en krog
en verstik ek
in wierook en zol,
swart pupille soekend na die nog.

In my vierkantige
siersteen sel
lag ek
onsamehangend
vir die ironie van my troetel hel
en ek werp my
pêrels voor varke verlangend
na monoloog wat skel:
jou kruike bly
   leeg.

- Jacques Pretorius

Fetus

Die naamlose fetus dryf
in 'n sfeer
sonder woede, sonder seer
sonder argwaan, banaliteit,
soeke na die sogenaamde
realiteit.

Die fetus se worries
strek nie tot
'n leë maag of kop
of 'n Sorger wat sy kinders kom haal nie
op 'n tyd en plek deur die media bepaal nie.
Die gramatika-blues verteer nie,
die gramatika-blues verëer nie,
fariseër in stink buikkleed gekleë nie.
Die fetus smile net
(redeloos?)

- Jacques Pretorius

Evaluasie van Jacques Pretorius se gedigte

Wat dink jy van Jacques Pretorius se gedigte?

Uiters swak
Swak
Kan beter
Goed
Baie goed
Uitstekend
Uitsonderlik
  Uitslag en Menings

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner