Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Ek in droomland

Aan wie sal ek hierdie skrywe rig?
Jy sonder hart
Jy sonder verstand
Jy sonder moed
Of ek, sonder heenkome
Geagte leser;
´n duif klap sy vlerke
drie keer
en hy sweef
die weer dreun
een twee drie keer
en dit reën
Ek,
kap en kap en kap
my enkels teen mekaar,
en bly
net hier tussen sebra motiewe
en verbygaande motors
Aan wie dit mag aangaan:
daar is nie ´n towenaar nie ...

- Jansi

Laksman
Waar my drome
bleek aan gister hang
het die laksman weer
my hart gevang
my gekruisig aan jou
donker oë
my onbesonne weer
die droom laat glo

- Jansi

Gedruis
Dis hier iewers,
gebonde aan my siel se fraiings
uitgerafel
verkarring
weer ontbloot,
en ek soos eens -
gekruisig aan myself
verwonderd oor jou aanhoudende
geknaag
aan hierdie stilte

- Jansi


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner