Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Het jy al gepetrus?

ek het al
eendag het ek al iemand se iets afgekap
nou nie sy oor nie
maar dalk sy ego
nie dat dít nou eintlik
iets werd was nie
of sy menswaardigheid,
minder waardig as myne
in my eie oë
dalk sy koninklikheid
of sy kinderlikheid
of sy hoop
of sommer net al sy ander offe
soos ons sê:
sy tjank lekker afgetrap

sy iets lê dalk nou op die grond
soos die stert van 'n akkedis
en spartel om in hom terug te kom

het ek hom te veel gesnoei
met die tweesnydende swaard van ...
van my eie kamtige Bybelse woorde?

en nou lê die stukke van sy lewe
soos duie in mý hand
moeilik om teruggepak
of weggepak te word

- Jan Vermeulen

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner