|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Piekniek onder die maan ...
Alles hier laat my aan
ons
onverskullige
studentedae
dink ...
die dae toe ek nog
(met jou)
geflirt het,
jy my dan onskuldig
opchat
en ons 'n pitstop by die rivier maak
voordat ek jou by die koshuis aflaai ...
daai dae was lekker,
maar deesdae
veel beter !
"'n ewigheid saam met jou sal te kort wees..."
- Jasmine
Writers block
Middernagtelike ure lê ek
stip
na die dak en staar,
probeer ek woorde bedaar,
terwyl my gedagtes by jou baljaar,
ek bid
jy my hart bewaar
en God jou,
vir my
in die holte van Sy hand hou ...
jy het jou oë vlugtig oor my
klaagliedere laat val,
weet jy dan nie dat my hart
vir jou
bloei nie?
maar hoe verwoord mens pyn,
hoe beskryf mens omgee,
hoe pen ek my gevoelens neer,
dis bitter
moeilik om iets te voel
my hart te pers
en op te hang sodat
die wind
my siel
skoonwaai ...
- Jasmine
Sielerus
Ek hoop jou oseaan is kalm
Ek hoop in die aande slaap jy warm
Mag liefde vir jou beskore wees
Mag jou hart eendag, uiteindelik van pyn (my) genees ...
- Jasmine
Vir Java bra ...
Waarokal
jy swerf,
travel my hart
in jou gatsak saam ...
geen wonder
die
drup
van my trane weergalm
in die leegtes van my liggaam nie
Ek voel half omdat
my hart (jy) so ver is ...
- Jasmine
Vir Francois
My oë traan
vir al ons
skreeusnaakse eskapades
ons alkahol en water
kaskanades
al ons
heartbroken,
softspoken,
soul balades ...
die laid back aande,
en road trips
terwyl jy nog met my praat,
ek aan die slaap raak ...
elke keer se saamwees
wat ons vriendskap vervolmaak!
- Jasmine
Sorgelose somer
Tydens somer dae wonder ek hoekom
geskrewe skrif
so moeilik
verwoord
aan die lied in my hart ...
in wintermaande
ontwyk liedere my.
- Jasmine
|