Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die deur

Ek klop en klop
en jy maak oop
jou hart se deur
waardeur ek loop

Ek bly vir wyl
en hoop vir meer
jy gee met drif
gee weer en weer

Maar dan.
Verweer.

Ek klop en klop
jy sluit my uit
uit dag en nag
verbitterdheid

Ek vra vir wyl
en hoop vir weer
jy gee meer niks
jy gee niks meer

En ek gee op

- SE
19/03/2004


Monoloog Terapie

As jou hart verlang na iets wat jy nog nooit
geken het nie
Of jou lippe smag na ´n warmte wat vir dit wag
op ´n ver-weg plek
En jou siel brand vir liefde wat eens joune was

en eendag - as jy weer stap oor die
kronkelpaadjie wat na ou herinneringe lei - wyn,
warm woorde, warm soene.. alles ineengeweef
sodat die soet van die wyn en die lippe
onuitkenbaar is van mekaar, en jou emosies weer
wipplank ry met jou hart...

.dan skryf jy in jou dagboek die dinge wat in
jou kop draai en jou maag MAAK draai:

Vlinders

- SE
21/07/2003


Oor waters grou

Oor waters grou
oor berge blou
is jy my blom

my hart onthou

jou oë.
jou hand.
so soet en sag

my hart se brand

om weer te voel
wat ek bedoel
sal ek ooit weer?

ek wil weer vóél.

- SE
01/04/2003


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner