|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Vir Kobus
Ek skryf hierdie brief vir jou sodat jy moet weet
ek dink aan jou elke aand
as die sterre aan toutjies hang
regvoor my vensterbank
en ek sit en kyk na die maan
en wonder waar kom jy vandaan
en of jy weet
dat ek elke aand na jou verlang
ek skryf hierdie net vir jou
omdat ek baie van jou hou
en ek wonder of jy weet
ek is baie lief vir jou
ek skryf hierdie brief vir jou
sodat jy verstaan
ek sien jou elke aand langs my staan
hier in droomland
ek skryf hierdie net vir jou
sodat jy moet weet
dat jy is die een vir my
sal jy asseblief vanaand by my bly
ek skryf hierdie net vir jou
omdat ek baie van jou hou
en ek hoop jy weet
ek is baie lief vir jou.
Jax Smith
Sal jy ooit verstaan
Ek sit hier in die donker
en wonder waar was hy vanaand
ek sit hier en ek wonder
of jy regtig ooit verstaan
ek sit hier in die koue nag
en wonder waar was jy vandag
ek sit hier en ek huil
want ek weet jou hart is vuil
kan jy my sê wat jy ooit sou doen
as jy my moet laat gaan
kan jy my se hoe jy oor my voel
sal jy my siel verstaan
ek verdrink jou in my woorde
jy versmoor my in jou pyn
en in jou oe het ek klaar gesien
dit is alles verby
want ek sit hier in die donker
en wonder...
saam wie was jy gistraand....
Jax Smith
Spore
Hy sê vir my hy is vasgebind in hierdie hel
Hy se vir my hy weet nie meer waarheen
hy verdwaal in sy eie vel
Hy sê vir my almal weet van sy verlede
en dat niemand regtig omgee nie.
Kan iets seerder maak as die waarheid, vra hy nou vir my
Ken jy die MY in my?
Want ek's verlore in jou spore
diep getrap in my hart se sand
weg gewas deur die see
Ja ek's verlore in jou spore
diep getrap in my hart se sand
weg gewas.... sal jy my kettings vir my dra?
Breek my kettings breek dit nou,
sal jy jou arms om my vou
en my op jou skouers dra?
Breek my kettings breek dit nou
sal jy jou arms om my vou
sal jy my las vir my dra?
Is dit als vergete? Ons verlede?
Saggies fluister hy in my ore.
Kan ons die kruis saam dra?
die woorde skreeu hy hard... is ons almal dan verlore?
Soen my saggies, soen my gou
Katoensag soos die nag
Soen my hard.. jy maak my net verward.
Breek my kettings, breek dit nou
sal jy jou arms om my vou
en my op jou skouers dra
Breek my kettings breek dit nou
sal jy jou vlerke om my vou
en my laste vir my dra
Is daar 'n blouer dag as vandag
'n donkerder nag as vanag
ek sien dit in jou oë
dat die lewe vat jou ver
jou verlede haal jou in
en hierdie keer, ja hierdie keer
was jou laaste een.
Jax Smith
|