Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Vir altyd vir jou

Dit was nog net altyd alles vir jou
my arms het gesmag om tog net om jou te vou
ek wou jou net beskerm
myself oor jou ontverm

Toe begin my hart net seer raak
bietjies bietjie meer kraak
Jy wou my nie raak sien nie
Dit was duidelik ek het nie jou liefde verdien nie

Dit maak nogal seer
Dog ek laat weet jou net

Jocelyn

toe die kanker kom

toe die kanker kom
was ek stom
ek wou myself vermom
ek was bekommerd oor hom

nou lê hy net daar
sonder 'n engel wat hom bewaar
en die pyn is swaar
want sy lewe is amper klaar

als wat ons saam gedoen het
was altyd vet pret
as ek bike ry het hy
altyd gesê gee vet

sy tyd raak min
ek moet my eie pyn oorwin
ek moet weer lewe
na dinge strewe

ek sal jou altyd onthou
al gaan ek baie oor jou rou.....

Jocelyn

As ek maar net kon

Elke dag sonder jou
voel dit of my lewe inmekaar vou.

As ek jou sien
wil ek wegkruip

tot ek met jou praat
dan wil ek jou aan gryp
want jy vat al my haat.

ek wens net dinge was anders,
ek wens ek het nooit vir gelieg nie
ek wens ek het jou nooit leer ken nie.

- Jocelyn

Gebreekte glimlag

Met 'n gebreekte glimlag sit sy en wag,
vir die krag om haar eendag weer te laat lag.

Sy is 'n kind van Prag, haar hart is sag
en sy het vir jare op haar engel gewag.

Sy sal daai dag vir altyd onthou,
die dag toe haar lewe inmekaar vou.

As sy maar net kon weet, sou sy gou van haar engel vergeet,
dan was daar op die ou end geen bloed en sweet.

Haar engel het als geweet, nou is dit haar gedagtes wat elke dag aan haar vreet,

en vir altyd,
klou daardie dag aan haar vas,
soos 'n magneet.

- Jocelyn

dankie

vanaand het ek my laaste sigaret gerook,
vanaand het ek geleer kook,
vanaand was my laaste dop,
vanaand is al my drugs op.

Ek is klaar,
daar is te veel gevaar,
ek word net maer en maer,
alles maak my net naar.

my laaste dop is op,
ek het die drugs geklop.

Jy het alles weg gevat,
tot die laaste lat.

Dankie vir al jou begrip,
anders was my lewe geflip.

- Jocelyn

Kom In

Kom in, sodat ek jou kan vertel
as jy eers binne is sien jy my hel.

Daar word vir my gekyk,
soos 'n dooie lyk.

Ek voel skaam, te bang om my foto's te raam.

Kom klop aan my hart, dan sien jy my smart,
my lewe is swaar, swart en hard.

Kyk mooi, ek staan voor jou,
ek gaan nie aan jou vasklou,
want hierdie fout gaan jy eendag berou!

- Jocelyn

Moet ek?

Ek het geloop, sonder om te groet,
Ek wonder of ek moet, moet ek jou bel?
Sal jy my vertel? sal jy my vertrou of weg hou?

Maak dit saak hoe jy my lewe raak?
Vir jou sal ek alles deurmaak!

Kom storms, Kom reën, Kom God se seën!
My liefde vir jou is daarmee heen!

EK het jou vertrou, jou by my gehou,
en dis toe hoe jy my lewe inmekaar vou!

- Jocelyn


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner