AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Gedigte kan HIER gestuur word. Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.Digters Anoniem ... Taal van liefdeJulle loop saam deur bosse en stede , innie Karoo met die kringe om die maan. Jy gebore in die holte van die Magaliesberg, teen sy rand loop jy, hy gebore by die see en dan na Israel, ons koning se geboorteplek. Jy kleur gedagtes in, Bertus in Jozi besig om goed vas te lê vir môre se kinders wat is. Die taal van liefde is stil en verswelg julle in sy greep, waar die rooiwyn se bloed loop oor die wit. By die see waar die golwe nie die liefde kan oorweldig nie en teen die kranse waar die liefde antwoord gee met 'n stem wat sê watse afdraai pad om te vat, om te rus, om te doen. Lywe teen mekaar en harte een - om die grond om te ploeg en te plant; val die eerste reën vandag op julle aarde op julle stuk grond waar die liefde blom in rooi en geel, met daisies in die voortuin en die druiwe wat groen skiet. Heuning drup brand soet,en die geur van speserye wat 'n hart terug ruk na plekke waar dit nog nie was nie. Warrelwind ervaring in die passie wat jou verwurg met lywe teen mekaar en harte een. Johan Ferreira |