Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Fluitjiesrietkraal

My oë staar op na die berge, sien die son besig om te sak.
Ja, dis weer tyd vir vriend en siel vir her-ontmoet.
Fluitjiesrietkraal;jy prikkel my hart en laat my siel herlaai.
Ek luister na geknars van brandende hout en vriende lekker lawaai.

My oë staar op na Hemelruim, biljoene sterretjies gedoop in silwer wyn.
Hier vind ek my siel en luister na geroep van my hart wat kwyn.
Fluitjiesrietkraal; jy's voorwaar 'n erfstuk vir ons Laeveld mense.
Ek luister na die nag geluide en gepronk van wilde diere oral om.

My oë staar na ons vriende en dink by myself, dis my mense
In hut formele een, ja hier het ek my hart verloor.
Fluitjiesrietkraal; jy's my toevlug wat my siel so bekoor.
Lekker laat aand danse en wonder oor al my drome en wense.

My oë is nou toe en is dank verskuldig aan ons Skepper vir jou.
Ja dis waar, daar's 'n tyd van kom en 'n tyd van gaan.
Fluitjiesrietkraal; by jou kyk ek steeds hoe glinster ons maan,
Wanneer is ons volgende bymekaarkoms? Asseblief kom tog gou!

- Johan Orton

Ek het al die tyd vlerke!

(gedig van 'n arendkuiken)

Hier sit ek op my stoel en ek dink
Ek dink aan my kinderdae vakansies.
Avontuur-uitstappies saam met boetie en skooltjommies.
Ek mis daai dae van bendehuis en melk drink
asook boomhuis bou en kamp in ons erf.
Ons was army manne altyd besig om ons wapens uit te kerf.

Hier sit ek op my stoel en ek dink
Ek dink aan ons gesin see vakansies.
Luister na pa se ou kosbare musiek.
Nou verlang ek vreeslik, ek vra ekskuus.
Waar is die tyd heen? - DIT MAAK MY SIEK!
Dit was dan gister en nou is dit net'n gedagte

Hier sit ek op my stoel en ek dink
Ek is nie meer kind, ek is nou 'n man.
Dis swaer om die kind te laat gaan
Ek's onseker, maar weet ek kan.
Dis my eerste tree en my hart moet laat gaan
Ek stap vorentoe met een doelwit,
en DIS OM TE VLIEG !!!!

- Johan Orton

Die lewe is 'n Litchi-vrug

Litchi-vrug, dis soveel moeite om jou te skil,
en was jy maar net vrug sonder pit.
Ek geniet jou sooo vrug jy met jou jelly wit.
Jy laat my dink aan die lewe met sy kul.
Eers gaan dit moeilik en dan weer goed
en net as jy dink, maar nou gaan dit goed,
dan suig jy weer die pit van smaakloos en bitter.
Die lewe het sy op en die lewe het sy af,
weet net wel, dit bly nie vir altyd winter
So hou net moed, die skil is so te sê af,
dan geniet jy weer die nuwe vrug.
Dis wel'n kringloop,kyk vorentoe en net nie terug

- Johan Orton

Ontdekkingsreis

Van kleins af wou ek vlieg en baljaar.
Ek was bedoel vir goud en vlerke.
Grootste droom was om Bok-trui te dra,
'n tweede Naas Botha sonder enige perke.
Teleurstelling het gevolg en moes dit aanvaar.
Nie almal was bedoel om daai trui te dra.

Ek't altyd geweet ek het iets spesiaals.
Sal U dit asseblef vir my openbaar?
"My liewe kind, jy moet dit iewers gaan haal!"
U is groot en almagtig, hoe wonderbaar!
Ja, en dit was die begin van my verhaal.

- Johan Orton

Kan jy glo dis al weer Kersfees?

Ek wil nog eendag dit
en ek wil nog eendag dat.
O, ek het groot planne my skat,
laat ek maar nou eers sit.

Ek het nog baie tyd,
maar het beslis nie nou tyd.
Ek moet nog eers dit
en ek moet nog eers dat

en toe ek weer kyk,
was al my tyd op gebruik.
Nou is dit te laat,
want ek't altyd net gepraat.

Doen alles wat jy wil
om jou drome te vervul
Doen dit dadelik, moet nie wag
en lewe voluit elke liewe dag!(CARPE DIEM!)

- Johan Orton

Sukses

Sukses is geen Mercedes Benz
Dis ook geen miljoen en sikspens
Nee, geld maak jou eensame mens
Sukses is liefde uitdeel aan mede mens

Sukses is geen wildsplaas in die Laeveld
Dis ook geen seiljag op die see
Nee, geld maak jou net wil skree
Sukses is tyd saam gesin in die veld

Sukses is geen doktorsgraad wat jy kon cum
Dis ook nie bekendheid en roem
Nee, hoogmoed verwyder jou van liefde
Sukses is die eenheid van gesin en liefde

Sukses is geen mag bo ander mense
Dis ook geen Prof met dik lense
Nee, te veel boeke steel al jou tyd
Sukses is Jesus Christus oor en uit !

- Johan Orton

Laeveld

Oral waar ek kyk reen dit groen
Beboste bergreeks, stille waters
Stukkie Hemel, dis wat ek jou noem
Somer son vir nou en vir later

Van oos tot wes stroom die Krokodil
Laeveld leeu pronk hier met sy brul
Hier bly my wortels geanker verseker
Laeveld, laeveld; vir jou het ek lief

Afrika skatte van Sudwala tot by die Kruger
Prag pronk oneindig hier en nog meer
Hier is ek gebore en hier sal ek sterwe
Dankie Hemel Vader vir die mooiste van U werke

- Johan Orton

London

Verdwale en eensaam hier aangeland vol vreemde.
Die lem van yskoue winter deur my kledingstuk.
Besigtiging van ou geboue en bekende landmerke.
Opgekroptheid van huisies - styf, styf teen mekaar.
Geen teken van God hier woon, oral vervalle kerke.
London, London; Waar is jou eens bekende kultuur?
Ek hoor, ek sien oral verskillend kultuur en taal.

Afrikaner hier, Afrikaner daar, Is dit ons tweede groot trek?
Dis al teken van glimlag want boertjie maak sy merk.
Sieljuigende somers met vol dag en lee nag, maar
bedroefde winters met dag begrawe in sy nag.
Tuine sonder gras of blom en nie groter as 'n enkel tree.
Geen wonder glimlag is 'n Britse sonde uit die huis gevee.

Hier ervaar jy alles, van prinses wat spuug en braak,
asook ma en kind dronk in kroeg en straat.
O stad van ligte, wanneer gaan jy ontwaak?
Rooi posbus hier en ou Ben wat glimlag daar,dis wat jy hiervan maak!
Met Elizabeth gaan dit goed en sy is veilig,
Hemel Vader; red eerder London van sy pynig!

- Johan Orton


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner