Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Laken

Ek's tussen die voue,
ek skuil daar,
Daar kan ek myself toevou vir 'n oomlik as ek voel alles wil te veel raak
Ek leef binne die voue,
vol kreukels probeer ek van alles sin maak,
soms is dit 'n kaart en ander kere 'n raaisel wat my van my kop af wil maak
Ek huil in die voue,
want daar kan ek my trane dadelik afdroog voor dit wêreldskennis raak
Ek lag tussen die voue,
want die materiaal is te dun om die klank te demp
Ek fluister in die voue,
want daarbinne kan ek myself hoor praat
Ek dink in die voue,
want daar voel ek geisoleer genoeg om vir myself sin te maak
Dit is wat ek het,
net 'n laken teen die lewe,
vol voue deur die lewe ingeprent,
my voue,
my herinneringe,
my lewe
En elke dag wat sy eie kreukels daarin maak.

- Jolene Stroh

ongetiteld

'n enigma,
vryheid sonder grense en mure
om te kies,
te hê,
te vra,
te val
en om op te staan,
om te huiwer tussen drome en realiteit
om te leef omdat jy wil
en te lag, want jy't rede
   en te herstel,want almal maak foute

- Jolene Stroh

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner