Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Salutasie aan 'n dogter-bruid

God het jou in my hand geplaas: 
'n pyl, ontvanklik, kind nog, stil, 
om hoog en suiwer mee te tref 
die hartklop van Sy wil.

En altydmaar het ek geweet 
jy sal moet gaan; as jy verjaar 
het my beklemde hart gevoel 
hoe stywer span die snaar.

Soms was die hande wat die boog 
moes vashou bewend, dom en swak, 
en het my twyfel in myself 
byna die boog laat sak.

Maar nou's ons hier, die snaar gespan 
tot breekpunt toe. Nou moet jy gaan. 
Niks wat ek nog wil sê of doen 
verander nou jou baan.

Ek maak my oë toe. Ek los. 
Jou pad skeur uit my hart na bo 
'n ligstreep deur die lewensnag. 
Ek glimlag. En ek glo.

Jorrie Jordaan

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner