|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Was ek maar ´n digter ...
dan sou ek,
met pen en papier
word vir word mee kon speel
en dan
sou ek die mooiste verse kon skryf
drome bou met woorde
al my penne se ink opgebruik dan sou ek oor verlange skryf
soete herinneringe skryf
liefde skryf en
sommer net skryf en skryf
en skryf . © Fabio Julies
Waar sal my krag vandaan kom?
Ek was nou die dag
by die bank vir ´n staat
oor my sônnes
net om ´n R10 se krag
by die council te koop
en
daa wassie, toe stuur ek
ma´ ´n gebed op
die units wat ek gekry'it wassie baie nie
ma´dit het my gedra
en boen-op was ek gepla,
want waa´ sal my krag vandaan kom,
alles sit vas teen die ceiling
but after all staan my krediet sterk
en die units is genoeg. © Fabio Julies
Gesig van ´n arbeider Sy baard soos ´n opgestopte kous
beeld die plooie van bekommernis
teen sy voorkop, tog om die mense te flous
lê die sweet op sy skurwe pienk wange en rus.
Die ou snywonde nog steeds sigbaar
verduur hy só die lange dag,
registreer die oog in diepe gevaar
terwyl hy na die onvergeetlike lewe wag.
© Fabio Julies
Dis beter so As môre aanbreek
onthou my om die pad te vat
wys my waar die wete lê.
Ek sal my weg vind
en as die son my uitdroog
laat die aasvoëls die tafel dek.
Dis beter so, as ek na die noorde gaan
miskien word ek ´n nuwe mens;
en as ek van die dors dood
bring nie blomme na graf
en stort g´n traan
kerf niks op my grafsteen.
Vergeet die vergete
en onthou as ek dood,
is dit beter so. © Fabio Julies
Balade vir ´n enkeling
Kyk net hoe
die stêrre
na ons staar
terwyl jou trane
oor jou sagte vel
rol;
die maan dit ook gewaar,
ons liefde reeds
´n verlede.
Onthou jy nog
die liewe dae,
in oorskot van
dood en lewe
ewe verslae
moet jy die
nagkoms vergewe,
want die donker is swart
vir die maan met
sy helder skyn
is die gewete ewe verward
en my binneste
van die
enkeling-pyn © Fabio Julies
|