Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

HIER WIL EK WEES

Langs die grou groen see
Hoogtes laagtes dieptes
Spierwit breekpunt branders
Dit is règtig hièr
Waar ek wil wees

Van die kant en daai kant
Wit-wit seeperdtjie maanhare
lyk so speels maar van nader
word die speletjie 'n stryd

Seemeeu met jou sagte
verby vlug wys net
Dat die sagte reën
hèèrlik en welkom is

Nag swart rotse
Lê hulle lê,
Onbeweeglik vas-vas
Waterkrag!?
Kry hule nie geskuif

Eers een toe nog een
En nog een is ons nou
Hier om die see dop te hou

Seewier gee oor
Die branders vat die
Wier so o-op af o-op af
Geen weerstand teenstand
Word gekry of verwag

- Lizll le Grange


Ons

Vandag voel ek
nostalgies
jy weet soos in
onthou jy nog's

Atleet fiks en natgesweet
met deursettings vermoë
was dit om te beindruk?
of was dit jy?

Onskuldig, só aantreklik
nooi jy my
eers die fliek
en toe die dans

met baie selfvertoue vra jy eers
vir my en toe my pa
bonop sê hy ja
en jy is vreeslik bly

Ons gaan fliek in die skoolsaal
Kramer vs Kramer
skamerig verleë
is ek vir die vreemdeling

My verbasing is groot
toe jy nie eens my
handvat of saggies soen
min het ek geweet van jou bang

Agter op bakkie
ry ons na die dans
jy raak weg
ek bly alleen

Jy sorteer jou
gevoelens, gedagtes
uit
Ek is vrèèslik verlief

Jy is terug
jy wil gesels
'n muskiet is die verskoning
vir ons eerste soen

ons gaan kamp
ry met die bus
slip uit en is ag,
sommer laf

Sondagoggend 11 Maart 1984
vra jy my
min het ek geweet
dit sou vir altyd wees

Ek was in agt
en jy in nege
sommer nog nat
agter die ore

Saam saam
het ons die lewe
ontgin, begin

Saam sou ons oefen
om te kon presteer
ons sou mekaar
aanmoedig en ondersteun

Stadig en versigtig
het ons mekaar
ontdek

Ons het geleer
van respekteer
van weer probeer
en nie sommer
opgee elke keer

Baie ure het
ons saam spandeer
op die boot
op die eiland
in die rondawel
op die motorfiets

Ons het mekaar
uitgesorteer
baklei gesels
báie gelag

Die jare het
aangestap en die kinders
het volwassenes geword

Jy het klaar gestudeer
en ons het planne gemaak

Jy het my gevra
om joune te word
vir altyd -
ek sou dit nòòit
anders wou hê

Nou is ons man en vrou
en al kom daar
onweersdae sal ons
mekaar altyd dra

Mag die Liewe Vader
gee dat ons nooit
Giftig sal word vir mekaar
en as dit Sy wil is
dat ons eendag kinders
sal hê wat die bewys
sal wees vir ons liefde
van altyd af vir mekaar

- Lizll le Grange


Vroegoggend op die oewer van die Vaal

Vroeg oggend
in laat Desember
dit het gereënt
alles almal blom
in die Noord Kaap

Laf jaag die rooivinke
mekaar heen en weer
deur die riete
tot waar die ander baljaar

Kolganse was-vee was-vee
in die vroeë oggendson
sodat hulle teen opstaantyd
flink regstaan vir 'n vol sonskyndag

Regop en statig soos
Konings van weleer
sit reier op'n klip
sy vlerke wydoop
só vang hy die oggenstond

'n Vis of twee
maak vinnig 'n nuuskierige
draai
bo die water uit
kyk seker maar net of alles dieselfde
as gister is

Wilgerbome staan
vanmôre botstil geen wind
wat die takke soos
loslyf tieners laat waai

Stil doodstil lê die Vaalrivier
onbekende delwersgate
Rietbos Karee en Wilgerbome
omraam jou oewers

Watergras lê lankal
in dik bruin groen en geel
lewelose strepe boop die
eeu oue rivier

Waterkiewiete groot en klein
hardloop gou gou
heen en weer
want hier is kos vir jou en my

Mossie maar man
vlieg-sit vlieg-sit
kordaat klap hy sy
vleries en kwetter
hier is iets
waarvan hy nie hou

Prehistoriese vlieë
herriner jou onwillekeurig
jy as homosapiens
heelwat korter as hulle
hier op moeder aarde is

Veldblomme blou
met goudgeel stampers
lok gulsige bye
gou gou is heuningneste
sommer oorvol

Spierwit ganse kondig luidkeels
aan dat hier 'n vreemdeling
verby stap
Hane groot en klein kompeteer
oor vir wie vir wie gaan verraai

Ou opdrifsels bo in die wilgers
herriner jou vinnig
die rivier is nie altyd so mak
Bruin bruisende water is deel van sy verlede

Vroeë oggendson word hoog
die lewe gaan aan
lewe of dood
jy bly agter of jy gaan voort....

- Lizll le Grange


Ingrid

Jy met die sprankelende menswees
Waarom, die hartseer trek in jou oë?
Wie gee jou soveel pyn en nie geluk?

Jy wat so maklik lag en ander
soveel vreugde gee
Waarom kry jy die rugkant
die onbekende eensame donkerkant

Wie is hy?

Moenie jou menswees
verloor en sit die
lag terug in jou oë

- Lizll le Grange


Die sterre ek en jy

Ek sit lê teen jou skouer
die nag word donkerder
en al kouer

Ek voel verlig
hier teen jou
ek loer deur die venster
na die donker onbekende
uitspansel

Die heelal
oorweldig
jou emosies
jou sintuie

Want kyk
die sterre
is blink gebleik
elkeen skitter
soos 'n diamand
uit die ou tyd

Jy trek
my saggies
nader en
fluister woorde
met baie waarde

En ek weet sommer
saam met die sterre
die donker maan
en jy
loop ons nog 'n lang
pad wat ander ons beny.

- Lizll le Grange


Vir Ouma Bettie

'n Ouma so spesiaal
wat niks ontsien om
ander te laat straal

Ouma se hande staan
vir niks verkeerd
in ouma se sorg bly
ons ongedeerd

Ouma se lag so opreg
met soveel oorgawe
dit maak wat verkeerd
is sommer reg

Ouma se liefde
daar vir ons almal
daar was nog
nooit te kort
net almeer en meer

Ouma jy is
'n kosbare skat
'n onvervangbare
rykdom

Ons is lief vir jou

- Lizll le Grange


By die dam

Berge blou
onbekend in rou
son sak rooi
om gereed te maak
vir môre se mooi

Eende soek slaapplek
Bymekaar, nooit alleen
een volg die ander
hulle sit met grasie
wat net aan hul behort

Hadida, visvanger en eend
elkeen kry sy maat
voordat hy gaan slaap

Seekoei wys vir oulaas
hy is die baas
met sy groot ou bek
wat hy so wyd oop rek

Die water word stil
weerkaats soos 'n spieël
en ek kan my verbeel
ek kan hier sit solank ek wil

Vlêrmuis swiep laag om sy kos bymekkar te maak
Skrikerig buk jy weg
Blind bly hy waag

Oorkant lê die plantasie bos
so sensitief, vatbaar
vir foute deur jou en my

Hulle staan op aandag
ry vir ry
angstig vir reën
uigeput van die lang wag

Silhoeët in die water vertel die halwe waarheid oomblikke later

Verbeeldingryk
Stimulerend
Kalmerend
Gedagtes
Ek en jy
weggevoer
ontroer.

- Lizll le Grange


Jagter

Ruik na vuur
ruik na dier
303 in die hand
dis jou laaste kans

Soek na spoor
luister met jou oor
soek soek deur die bos
hier kom vanaand se kos

Om die vuur
elke grootwildjagter
met sy dier
vertel
geloer oor die roer
gekyk besluit gelos.

- Lizll le Grange


Jagters

Stories, groot stories
manne, groot figure
vol in hul glories
langs gloeiende vure

Bekruip, luister, luister
stadig stap en fluister
hurk en mik sekuur
trek die sneller en vuur

Leweloos
Lê die dier daar
laaste maal
asemgehaal

Blink glim die jagtersmes
deur die slagaar
deur die lies
sy dors geles.

- Lizll le Grange


Vir jou

Ek kyk in jou blousel blou oë
en hulle is net so duister
soos die dieptes van die see

Lank terug
kyk in jou oë op
en met skok besef
ek dat daar dalk iets
sou kon wees, wat verbode is

Aan die begin vertel hy
my van jou en ek
luister met verwondering
na alles oor hierdie ou

Jy wat saam met
die boesmans loop
jy wat oorlog ken,
in stilte swyg jy
oor dit wat was

Ander praat oor die 'army'
oor wat hulle moes deurmaak
maar nie een van hulle was
dáár, dáár waar 'n seun
man móét word

Hulle swaar was
pale dra en vloere vryf
hardloop en spiere styf
maar nie een van
hulle ken die hardheid
die waarheid van die dood

Sy het jou hart tussen
haar twee hande gehad
maar met selfsug verwaarloos
sy dié kosbare pêrel
en die blink word dof
en eweneens is jy alleen

Ek kyk na jou
en ek weet ek
sou jou gelukkig kon maak

Jy só interresant
avonturier vol lewenslus
weet wanneer om lekker te gesels
en wanneer die waarde van
stilte beter is

Soms wens ek jy
wil oop maak
sê wat binne aangaan
reguit praat oor alles
wat vir jóú saak maak

Weet asseblief
ek hoop jy sal
altyd daar wees
my vriend want
jy is kosbaarder
as die rykste
skatte van die see

As ek my oë
toemaak sal ek
altyd jou bloues
onthou en weet
dat dit vir my
verbode móét bly.

- Lizll le Grange


Jy

Jou stem ryp
soos verbode vrug
so mòòi
verleidelik
aantreklik

vir ure kan ek
luister na diè sterk
stem wat streel
soos 'n sagte hand

soms ongeduldig
geerriteerd peinsend
ingedagte -
onthou om te onthou
ek dink!

Skamerig verleë
lag jy vir 'n
komplement wat
ek vir jou gee

onskuldig luister
jy na my wat
Delilah speel
en dit ontken

Teer beskermend
tog streng
behou jy die liefde
van die wat jou ken

Vir my sal jy
altyd verbode
bly - maar die
herrinering aan
jou sal altyd
vars by my bly

- Lizll le Grange


Mamma

Liefste vrou wat
sonder selfsug
ons grootgemaak,
geleer het
vanselfstandig wees
van menswees wees
geleer het van
omgee en van
lief hê,
Dankie Ma

- Lizll le Grange


Bester

Jy met jou grys ou borselkop
wat na almal kap en skop
jy met jou bont kruisbande
en pratende hande

soos 'n samejoor
wil jy hoor
dit is règ meneer!

Simpatieloos
laat jy almal bloos
'n verleentheid
is jy gewis

soos 'n gekweste bufffel
is jy ongeduldig en onbeskof
en laat jy alte graag
ander in die stof

van aanprysing, 'n goeie woord
selfs 'n glimlag daarvan
weet jy net mooi niks

al kan ons nie verstaan
hoe een man so vol waan
sonder selfbeeld soek na sy plek
en so almal om hom hou vir die gek

- Lizll le Grange



Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner