Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Weet jy wat?

Weet jy wat..?
As jy kom vra sal ek jou gou-gou skelm gaan wys,
Waar die gras sy groen kry,
En die maan sy wit tand lag.

Weet jy wat..?
As jy kom vra sal ek die streepmuise gaan omkoop met goudgeel mieliestronke,
Om vir jou agter die oggendmis by die damwal,
Die oggend sonlig se jassie aan te pas.

Weet jy wat..?
As jy kom vra hoe dit met my gaan,
Gaan wys ek jou waar die dassies bakhand by die oggendson se strale staan,
En die molle sandkastele in die swart gebrande grasland bou.

Weet jy wat..?
As jy my baie mooi kom vra,
Sal ek jou wys waar grashalms betowerd langs 'n waterkuip oprank,
En lammers kopstamp grootword in die skadu's teen die rand.

Weet jy wat..?
As jy my vra waar slaap die nag,
Dan sê ek kom loop sommer hier saam met my in die grondpad af,
Tot waar die son verdrink in die Drakensberg se skadu's.

Weet jy wat..?
As jy kom vra oor iets en dat,
Sal ek met my groottoon in die oggend stof se grimering woel,
En antwoord,
Weet jy wat..?

Louie van der Watt

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner