Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Maak ten minste sin

Ek sit en lees op Roekeloos
Die gedigte-afdeling.
Man ek moet sit en bloos,
Want van die woorde het nie mening.

Mense skryf 'n klomp stront,
En gooi net woorde rond.
Ek wil hoor van bier en biltong
En 'n lekker groot plaashond.

Maar mense skryf kwaai
Van kerkhoenders wat draai,
En hael wat jou laat verdwaal.

Mense asseblief maak sin,
Ons volk was al deur dik en dun.
Sekerlik is daar iets om te vertel,
'n Storie wat jou hart laat versnel.

Grafeer nou alles op die internet
Maar net goed wat ons nodig het
Julle kan ons taal onderhou
En miskien nog groter bou.

Ek hoop net ons kultuur
sal in elke een se hart inbrand
soos 'n ewige vuur.

Louis van Niekerk

Baklei

Ek en my broer baklei
Dis mos hy wat begin
Skop, Slaan en Stry
Dis nou vir jou 'n ding

Hy het my koeldrank gevat
Wat bedoel is vir my
Hy kan mos sy eie skink
Maar hy is te lui.

Hy sê dis sy glas
En die inhoud moet syne wees
Maar ek sê sy kop raas
En slaan hom op sy neus

Al sit iemand 'n stuk klei
Daar op die vuil vloer
Dan sal ons daaroor stry
en 'n hou of twee uitvoer.

Louis van Niekerk

My ouma

My ouma is 'n bakker,
Dis al wat ek wil sê.
Want as ek daar aankom,
Is dit beskuit wat daar lê.

Haar kombuis is altyd warm,
die oond op vol stoom.
Dan tref my nog 'n walm,
Van soetkoek en room.

My ouma maak die lekkerste melktert
en haar koeksusters is soet.
Dis die moiete werd,
Om vir ouma te gaan groet.

Louis van Niekerk

Darwin

'n Aap is dan so dom,
Hoe kan 'n mens van 'n aap af kom?
'n Mens was 'n aap?
Hulle kan maar daaroor slaap.

Party mense lyk soos apies,
Maar hulle is mense knapies.
'n Mens is dan so mooi,
'n Mens kom nie van 'n aap,
DIS STROOI!

Louis van Niekerk

'n Heks

'n Heks is in 'n verlate kasteel.
Sy eet 'n gebraaide rot.
'n Heks is swart.
Sy is donderweer met 'n lat.
'n Heks is in die winter so siek.
Sy is in 'n fliek.
'n Heks het 'n lang punt hoed.
Sy het besems en baie goed.

Louis van Niekerk

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner