|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
An Apology
I owe you an apology
when I said: "It's time to go"
I did not intend
to hurt your feelings
or to offend
but unfortunately
we did lack time
for a serious
or jovial and frivolous
conversation
and while your spontaneity
caught me unprepared I had
to hide how much I did rejoice
the splendour in your eyes
and the chant of your voice
so I tried to conceal desperately
with a bit of humour
my muddle and confusion
but even forgot to mention
that I never wear a watch
Ludwig Vandermaelen
Silly me
Silly me
thought I was so strong
Silly me
that I could unpunished
Silly me
fall in love with you
Silly me
and awaken feelings
Silly me
buried for so long
Silly me
that I had forgotten
Silly me
how deeply they hurt
Silly me
was wrong!
Ludwig Vandermaelen
Kim
Toe ek jou vir eers sien, Kim
het ek dadelik naar jou toe wil kom
maar die moed het in my skoene gesink
omdat dit lyk, Kim
asof jy vir 'n ander wag
Toe het ek probeer wegloop, Kim
en jou dadelik weer vergeet
maar in geluk het ek amper verdrink
omdat dit lyk, Kim
asof jy vir my lag
Toe was my blydskap so groot, Kim
dat ek dadelik my hart verloor
maar die ontnugtering het my wreed vermink
omdat dit lyk, Kim
asof dis net vir een dag
Toe het ek jou wil dien, Kim
en het dadelik vir ons gevlug
maar hoe ver ook al ek gaan ek bly aan jou geklink
omdat dit lyk, Kim
asof ek vir jou sal wag
Ludwig Vandermaelen
Sonder jou
Ek klim teen Drakensberg se hang
maar sonder jou Kim is ek sommer bang
en in Greyville ry ek perd
maar sonder jou Kim is ek niks werd
Ek sweefhang oor Hartebeespoortdam
maar sonder jou Kim voel ek heeltemal lam
en in Sodwana het ek geduik
maar sonder jou Kim voel ek gefnuik
Ek swem in Plettenbergbaai
maar sonder jou Kim is dit erg saai
en ry deur Swartbergpas
maar sonder jou Kim is dit tergende las
Ek slenter langs Bloubergstrand
maar sonder jou Kim lyk ek aangerand
en kuier in Kirstenbosch se tuin
maar sonder jou Kim lyk dit in puin
Ek eet D'Ouwe Werf se spys
maar sonder jou Kim proe ek bloot anys
en drink Meerlust se wyn
maar sonder jou Kim proe dit mos asyn
Ek lees die verhewenste gedig
maar sonder jou Kim klink dit nuusberig
en beluister die goddelikste musiek
maar sonder jou Kim klink dit droë kroniek
Ek glo ek mis jou Kim
Ludwig Vandermaelen
Vrou
O heerlike vrou
toe ek jou ontmoet
nooit gedink
oor ewige trou
O wonderlike vrou
toe ek jou leer ken
beklemmende angs
vir ewige trou
O magiese vrou
toe ek jou lief het
brandende verlange
na ewige trou
O genadelose vrou
toe ek jou verloor
knaende weemoed
in ewige trou
Ludwig Vandermaelen
Verskoning
Ek vra verskoning
vir al my skrywe
my harde strye
om jou te lei
in bekoring
Ek vra verskoning
Na al jou swye
jou stille lye
is jou glimlag vir my
'n onverdiende beloning
Ek vra verskoning
Ludwig Vandermaelen
Skerpioen
Het jy ooit gehoor
sulke vreemde storie?
Oor 'n seun wat
op soek na glorie
die liefde wou wen
van 'n skerpioen?
Hy't gevind
gedroomde roem
toe hy sterwe in
haar dodelike soen
Het jy ooit gehoor
sulke vreemde storie?
Ludwig Vandermaelen
Pop
In 'n koffie- en curioshop
waar ek langs die pad het gestop
dit was in Barrydale
sit sy so en staar my aan
asof sy weet wat in my hart omgaan
Al lag ek vir myself onderwyl
ag, hou nou tog op
sy's maar net 'n lewelose pop
het sy nietemin haar doel bereik
en ek heeltemal vir haar beswyk
staan ek daar bibber en beef
'k kan sonder haar nie verder leef
toe vat ek haar met my saam
So bêre ek vir altyd my geheim
niemand anders as ons sal weet
hoe ek deur liefde word opgevreet
vir daardie verruklike pop
uit Stutterheim
Ludwig Vandermaelen
Kriekie
Saans loop ek lusteloos
sing 'n kriekie in die gras
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Snags woel ek slapeloos
sing 'n kriekie op my mat
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Soggens ry ek moedeloos
sing 'n kriekie langs die pad
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Eendag lê ek rusteloos
sing 'n kriekie op my graf
kim-kim, kim-kim, Kim
Ludwig Vandermaelen
Nog
Ek wil nog vir jou skrywe
kon ek nog 'n rukkie blywe
Ek wil nog vir jou sê
dat ek jou nog lief wil hê
Ek wil nog jou soveel belowe
kon jy my tog maar gelowe
Ek wil nog my hart vir jou gee
hoekom speel jy tog daarmee
Ek wil nog my siel vir jou ontbloot
was jou liefde maar net so groot
Ek wil nog
ag ek wil jou, nog
nog-nog, nog-nog
Nog
Ludwig Vandermaelen
Kango
Ek het jou
my liefde gegee
verniet
maar nie gedwee
omdat ek lief is vir jou
soos 'n stalaktiet
in sy spelonk vasklou
Ludwig Vandermaelen
Kriekie
Saans loop ek lusteloos
sing 'n kriekie in die gras
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Snags woel ek slapeloos
sing 'n kriekie op my mat
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Soggens ry ek moedeloos
sing 'n kriekie langs die pad
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Eendag lê ek rusteloos
sing 'n kriekie op my graf
kim-kim, kim-kim, kim-kim
Ludwig Vandermaelen
|