Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Ons Mooiste Dag

Ons mooiste dag breek aan,
my hart wil gaan staan,
soveel om nog te doen,
en ek wil jou net soen.

Alles is so perfek,
alles reg op sy plek,
mense oral rond,
alles is bont.

Vandag begin die res van my lewe,
dit laat my sommer bewe,
Ek kan nie meer wag,
vir die toekoms wat vir ons lag.

Ons is so gelukkig,
maar Romeo is rukkerig,
gaan hy ooit oorleef,
van al die vrees.

Ons beloftes aan mekaar,
in een enkele gebaar,
die toekoms lê en wink,
skitterwit en blink.

Ek het jou baie, baie lief,
jy is 'n regte dief,
jy het my hart gesteel,
en van nouaf gaan ons saam speel.

Ek wil hê almal moet sien,
dat ek jou verdien,
dit is my wens vandag,
om jou heeltyd te hoor lag.

Magda Landsberg

Ma

Ma, jy kan die lekkerste kos maak,
alles kraakvars en mooi,
Altyd iets met room,
dit is om van te droom.

Jou huis was altyd so skoon,
jy doen dit sonder enige loon,
alles altyd op sy plek,
jy kon van die vloer afeet.

Jy het altyd vir my gesorg,
niks was ooit te veel vir jou om te doen,
Jy het jouself weggegee,
om vir my die beste te gee.

Jy kon alles regsoen,
selfs die seerste hart,
het jy geheel.

Al was jy hoe moeg,
van al die geswoeg,
niks was te veel gevra,
om te gaan haal.

Ma, jy is baie spesiaal,
baie, baie kosbaar,
Vir jou is ek baie lief,
Kom bly by my asseblief.

Magda Landsberg

Pa

Pa, jy het altyd so hard gewerk,
al mis jy soms die kerk,
hoe jy daardie foute kon hoor,
jy kon met treine toor.

Daar was nie baie tye saam,
Ons het die beste van dit gemaak,
tog weet ek jy is baie lief vir my,
jy het altyd by ons gebly.

Die huis was altyd so stil,
en die atmosfeer so kil,
tog weet ek dit was vir die beste,
dan kom jy vir die werk tot ruste.

Ek het altyd vir jou gewag,
selfs tot in die nag,
Uitgehardloop na die hek,
wens ek kon die tyd uitrek.

Pa, vandag is jy ouer,
Jou hare wit en grys,
maar jou liefde is nie kouer,
en jy is baie wys.

Pa, jy is baie spesiaal,
baie, baie kosbaar,
Vir jou is ek baie lief,
Kom bly by my asseblief.

Magda Landsberg

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner