Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Trane

Kan jy potskerwe met houtlym aanmekaarheg
Kan jy wondewerke verrig
Het jy die Vesuvius graffiti gesien teen die muur
Weet jy hoekom koppe soos blomme op 'n somersmiddag hang
Waarom die wind waai en ons so soekend sug
Oor gru stories wat nie meer in swart en wit op lamppale pryk

Nou ons gesprekke in sitkamers demp
En met koue glibberige lywe saam in jou bed inkruip
Want selfs met die mees heilige sonsopkoms

Kan 'n skerpioen vir jou wag as jy jou skoene aantrek

Jou drome soos kwartels in nette vang

- Lewe in 'n vuurdoop van chaos dompel

En die vrae wat jou tegemoetkom soos spykers na kaalvoet kinders

Hoekom?

Waarom?

Waar, kom trane vandaan?

Manie Geldenhuys

Varkhok Wenstreep

Kontemplasie, redenasie
Wenresep vir sielsgenot
Bloedsweet - druppels angs
Middernag son laat die bome bot

Verdor, verrimpel ronsyntjie liefde
Vuurdoop van wasige realiteit
Konsekwent my gedagtes
Subjektief aan my koningkryk

Lugkastele verbrokkel deur kannonne van plastiek
Huis gebou met bakstene van polisse, sekuriteit silikoon en selluliet

Verwronge idée van utopia
Slang verraad
Verwerp uit die paradys
Beskermende veiligheidsnet omring
Onmoontlik om teen heuristiese idees mee te ding

Manie Geldenhuys

Sielsgenote

My sielsgenote is versprei op die peronne van die wêreld
Verwaai deur die wind soos grassade
My hart in stukkies verdeel vir elke kontinent van die aardbol
My gevoelens oor haar is 'n klimtol

Sy is die rooiwyn in 'n glas
Plesierig volrond, gekultiveerd
Met 'n reuse hoofpyn wat wag
Gaan sit agter in die klas

Spontaan soos 'n wolkbreuk
Sag op die oog soos 'n lente dag
in die skadu van my hart
is daar net winter wat wag

Manie Geldenhuys

mammon

Puppets of the money monster
slaves to the ever grinding machine
zombies on the shoulders of giants
worshippers of credit card dreams

pray to mammon your god
kneel before the dollar king
slash your wrists on wall street blades
diamonds blind our eyes

follow the greedy leader
rats to the sea
sacrifice our children on the golden altar
silencing the lambs is complete

copper coin to the ferryman
Beggars in death we are
money makes the world go round
in the end we bear the scars

Manie Geldenhuys

Omega

Ek het vir jou ses gedigte geskryf
Hierdie is die laaste
Ek was vir 841 dae mal oor jou
Vandag is die laaste

Ek het gisteraand weer van jou gedroom
Jou naam geskree van verlange
Op dorings getrap om wakker te word
Maar dit sal nie weer gebeur

Ek is totaal en al versot op jou
Wil jou gelukkig maak
Maar hierdie komeet is vurig oppad na teespoed.
Verdof 'n warm liefdesgloed

Elke greintjie van my wêreld
Elke korrel sand op my strand is by jou elke dag.
Ek mis jou so baie
Maar dit sal my einde beteken
As ek langer vir jou wag.

Ek wens dinge was anders
Ek wens ek kon jou net 'n rukkie vashou
Hierdie ligjare met 'n tree oorsteek
in jou groot bruin oë van myself vergeet

My hart bokspring as ek aan jou dink
ek wens ek kan my voete vind
met jou hand in myne
weer gelukkig wees soos 'n kind.

My hart is gebroke
Ek voel verlore
Geluk is nie hier beskore

Ek't totaal en al soos 'n snuiter geglo
Vandag draai ek my rug
Maak toe my oë

Manie Geldenhuys

drome van gister

ek het nie jou sms'se uitgevee
my vinger wou maar my hart het bly skree nee
onderdanig probeer ek staan
'n groter plan verstaan

Ek sien jou weer in Acton town
een uit 'n miljoen op 'n peron
my Evita, Cleopatra, Delila
tien duisend skoonhede in een beeld vermom

jou hare waai in 'n aflsaankap BMW
3rde November was 'n groot tree
Saterdagaand middeleeuse koningnin.
Terwyl mense lag het my hart gesing

Dis partykeer moeilik om jou te verstaan
maar ek wil so graag weer op 'n troue met jou dans
verstaan asseblief my hele wese is gek na jou.
maar tyd en plek is nie genee om liefde te laat ontvou.

Ek het gewkyl om jou hand vas te hou -
net aan jou te raak
gedroom van jou esse en jou stem
ek wil weer laataand vir jou Nesquick maak

.

Manie Geldenhuys

Vesuvius

My woede vuur my hartklop aan
Klop klop bruisend briesend
Glowe breek en rotse tuimel
Die aarde skeur onder my hart van lood

Gooi liefde genade en hoop in 'n koei-mis vuur
Als Nutteloos- Ontbranding gee ten minste hitte
In hierdie donker uur

Vergeet my in hierdie blomme tuin
Die skoenlappers met bose intensies
En die konyne vol venyn

Ek hardloop saam met my gedagtes
'n trop wolwe wat wil verslind
Doring draad van verraad laat my struikel
Jy't als weggegooi in 'n warrelwind.

Tyd sal leer
Tyd maak seer
Ek het gebid vir soveel meer

Manie Geldenhuys

Satori

Ons is die swerwer generasie
Kinders van die wind
Uitgeplant in 'n ander land
Weg van 'n afrika sonsondergang

Te vroeg gebore
Te laat geslaap
Dis lente in my hart
En winter in die Kaap

Drogbeelde maak my nie bang
Ek is hier om die son te vang
Gesoen, gekus geseen gesalf
Ek's nie op 'n soektog na 'n goue kalf

My boeie los
My kettings gebreek
Ek's 'n vlinder 'n perd 'n meer
Donker donker wat wegwyk
Ek het my geraamtes uitgesmyt

Manie Geldenhuys

Seesand en Berge

Ek het jou lippe van my venster afgewas
Jou Sms'se uitgevee
My sjokolade hart op 'n ashoop gegooi
Dis waar gebreekte toerusting hoort

Roes van tekortkominge het ek met 'n staalborsel geskrop
Padkaarte van veragtelike afstand uitgeruk
Rou veskeur gelaat
Sit ek by my besembos.

Ek het my vensters toegeverf
My lugkastele gesloop
Ek het sonskyn vaarwel geroep
En vakansie gaan hou in 'n dal van donker dieptes

Eb gety het die sand onder my voete weggespoel
Wankelrig staan ek nou
Sonder jou hand om vas te hou
En ek kyk op na die berge

Perfekte spontane skoenlapper
Bruinoog boksburg brunette
Verbrande hout is mos as
Ons het hierdie langafstand trein verpas

- Manie Geldenhuys

Weet

Ek wil so graag vir jou sê
Dat ek my hart vir jou sal gee
Op 'n silwer skinkbord en met liefde garneer
Dat ek jou nooit sal verneuk nie
En wil saamvat vir vakansies by die see.

Ek wil hê jy moet verstaan
Jy maak my mal, gelukkig en skaam

Ek wil hê dat jy in my oë moet inkyk
En sien hoe ek oor jou voel
Want dis nie altyd maklik om dit te gelyk
Ek is partykeer in my kettings en spinnerakke toegewoel

Ek is bang dat ek jou sal verveel
Bang vir iets kosbaar en breekbaar
Vreesbevang vir 'n tree in die donker
Dat ek jou hart sal beseer.

Ek wil jou elke dag by my hê
Jou hand vashou in die kerk
En aan jou dink by die werk
Jou beskerm teen pyn en leed
Ek wil he jy moet weet.

- Manie Geldenhuys


Sonskyn Paradys

Ek wens ek was simson
Met 'n verskoning as delilla my sou verlei
Sy kom saam met die reën in die lente
En bring druiwe in desember op 'n volmaan gety

Ek ontgin edelstene
En plant vrugtebome
In die tuin van goed sonder kwaad
Ek ryg rympies en melodiee aanmekaar
Van liefde sonder haat

Die donker laat my wonder
Oor die teepartytjies van die lewe
Oor die verlede en die hede
Wat het die toekoms vir ons afgemaat

'n spookskip oor die water
Word deur winde van verandering aangedryf
Om in sonvervulde lande
Na uitgestrekte hande
In my arms in te seil

- Manie Geldenhuys

Boksburg Brunette

Ek hoor haar stem oor 'n Telkomlyn
Sy bel van ver, van Ealing broadway
Haar stem lag, haar oë glinster
Sy praat van more en van gister

Sy steek 'n kers aan van hoop
Die branders breek en die koegels koop
Ek wonder of ek myself misreken
Of is dit dalk 'n toegeeteken

Ek lees briewe van 'n jaar gelede
Koekies en koffie, is dit genoeg rede?
Is sy stroopsoet of is sy stout?
Die winde waai, en my koffie raak koud

Sy hou nie daarvan as ek dronk ringkink
Miskien moet ek minder doppe skink
Is sy net homesick en verward?
Sy kan deel word van murg en hart

Ons is ver vanmekaar, Ek bou 'n brug
Is sy 'n sprokie wat wag in Boksburg?

- Manie Geldenhuys

Staal

Ek is moeg van kakpraat, soentjies blaas gelukkig maak
Babatreetjies om die draak
Geloofsdenke martelgeskenke
Steek my dwars steek my in my kwaad

Lee holruggeryde lugkasteel woorde
Verdoesel dissels en dorings van my haat
Vir hierdie myndorp nesskop mentaliteit
Die kastrasie van my beleid

Ons is lankal dood voor ons die ouetehuis se drumpel oorsteek
'n selfmoord wapen van eenvoud repetisie
Kenne na die lig, voete gegrond in tradisie
Staan voor die aantuigende gluur uitgetrek, kaal
My hart is vlekvrye staal

- Manie Geldenhuys

Evaluasie van Manie Geldenhuys se gedigte

Wat dink jy van Manie Geldenhuys se gedigte?

Uiters swak
Swak
Kan beter
Goed
Baie goed
Uitstekend
Uitsonderlik
  Uitslag en Menings

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner