Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Maskerman

Met jou skewe glimlag en jou groen grys oë
het jy my dae gevul en met my verstand getoor
Jy't my hoog laat vlieg en hard neergesmyt
net om elke dag dieper in my hart in te kruip.

Ek wou jou nie toelaat om my te verander,
maar voor ek my kon kry, het jy my omgeslaan soos 'n brander
Jy laat my huil,jy laat my lag
jy bring sonskyn in my grouste dag.

Ek het hard hierteen gestry en wou dit net keer,
maar met al my emosies kon ek jou nie verweer.
Hoe is dit moontlik, hoe het dit gebeur,
wat wag nog vir my agter hierdie geslote deur?

Wat moet ek doen met hierdie liefde van my
hoe lank gaan jy nog toelaat dat ek so ly?
Jy bou jouself toe en sluit jou van my af
todat ek jou eendag sal moet uithaal uit jou graf.

My oë is al seer en my lyf lankal styf
terwyl jy elke dag net bietjie verder van my af wegdryf
Trek my bietjie nader en versag tog jou hart
laat my nie elke maal so verlore en verward.

Hoe lank moet ek nog aanhou om dit vir jou weg te steek
hoeveel keer gaan jy nog my hart in duisend stukkies breek?
Laat my net toe om jou siel te verstaan
en as ek niks daar vind, sal ek jou laat gaan.

Wat moet ek doen om jou uit my gedagtes te ban
hoe lank moet ek nog rondtas in hierdie diep donker gang?
Ek ken al die plootjies om jou oë en elke lyn van jou gesig
en weet jou verhouding is lankal een groot klug.

Ek wil jou net een keer met my vingers streel
net een keer hierdie liefdie van my met jou deel
Ek wil weet wat jy dink as jy soms in die verte staar
ek wil jou vertel jy's pragtig en baie baie raar.

Hoe kan ek my hart en siel aan jou ontbloot
en dan nakend toekyk hoe jy my eenkant toe stoot?
hoe kan ek tot jou deurdring en jou diepste wese bereik
Hoe kan ek weet hoe jou hart aan die binnekant lyk?

Laat my net binne en gee my 'n kans
laat my toe om met jou in hiedie lewe te dans
Wees dan bereid om hierdie pad te loop
deur jouself van alle bande en skuld te stroop

Gee jouself oor aan saligheid en geluk
en saam sal ons na hoër mylpale mik
Ek wil jou verstaan en met jou drome deel
ek sal jou ondersteun en nie een oomblik verveel

Neem nou my hand en kyk diep in my oë
vergeet van alles en kom ons begin van voor
Jy sal nie terugkyk en een oomblik berou
en ons liefde sal skitter soos sonlig op vroeë oggend dou.

Mariska Roux

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner