Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Droefheid

As jou siel die wroeging van droogte ingaan.
Jou drome in spervuur van lewe vergaan.
Jou toekoms homself van hede vervreem.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die son homself by die donkerte skaar
en die sug van die wind val saam met die blaar.
Die krag van die leed onophoudelik reën.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As jou pêrel se glans in aanstond vervaag.
Die blou van die hemel jou denke vertraag.
Die oog van die maan stilswyend ween.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As jou herfs se kleur kartelend waai.
Die seemeeu se vlug in dwarrelwind draai.
Die einde van môre vandag al geleen.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die gees van tyd jou liggaam verlaat.
Die pols van jou lewe jou nie meer baat.
Jou aandster vertroebel in sagte misreën.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die poort van die hemel jou winkend vertrou.
Die arms van Jesus jou saggies omvou.
Die raaisel van gister gaan oop om jou heen.
Dan mag jy maar weet wat die woord droefheid meen.

Marius Coetzee

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner