Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

net 'n thought

Londen trek aan my hart, terwyl jou hand vassit in my siel;
ek weet nie watse kant toe nie, want dit mag dalk die IETS verniel!
My hart skree uit, die memories fluit, terwyl TYD vasbyt ...
... vasbyt aan een huge misrable besluit!
sal tonne water ons bande kan skei,
of moet ek daai vraag vermy?
Jy lê as 'n Titanic in my hart terwyl Londen die ysberg is voor my;
... ek sooo bang die skip gan sink!
BANG >>> dit beskryf nie die vrees nie! vrees vir sulke baie goed >>>
> wens soms dat ek net in die atmosfeer in kon spring en so diep val;
val dat ek net kan baljaar in n ewegdurende oomblik van absolute NIKS!
Die keer gan ek vassteek, omdraai en KYK!
ek gani net my oë toemaak en hardloop, soos altyd nie!
Sal die VRAE my inhaal ... of is MEMORIES beter in landloop >>
of is VREES die top atleet? ek weet liefde is die O.P hoogspringatleet.
hoop net my hart sal oor al die hekkies kan spring!

Melktandjie

Naweek van 13 Mei

Die naweek saam jou het gevlieg,
of het tyd my nou bedrieg?

Die stap opi strand,
die sagte touch van jou hand,
my oë strek tot aan jou hart se ander kant.

Met die sand wat kleef aan ons voete,
jaag tyd ... opsoek na 'n boete,
want my hart soek-soek na die roete.

Ons eet slapchips en sprinkle pops,
jou arm om my lyfie voel so tops,
op daai oomblik bestaan geen flops.

Ons gesels land en sand,
terwyl my mood voel soos 'n miljoen rand,
want met jou sit ek hand-aan hand.

Vandag voel ek soos 'n boemelaar wat 'n R100 opgetel het,
so ... wie sal nou my smiles kan belet?

Ek is besig om verlief te raak,
op 'n ou wie begin saak maak,
hy vul baie meer as net die stukkende kraak.

Melktandjie

As ons wou, kon ons

Jy sou nog eendag my sien instap by die kerk met my spierwit rok,
Met my lang pik-swart hare,
Jy sou die "veil" oplig en my soen.

Ons sou vir ewig saam wees ...

Tyd het ons ingehaal,
Of was dit volwasenheid wat ons ingehaal het?
Of was ons maar net nie bedoel om dit te maak nie?

Hoekom moet ek sit met 'n horlosie wat nie kan aanbeweeg nie,
Hoekom moet ek sit met 'n kop wat nie memories kan vergeet nie,
Hoekom moet ek loop met 'n hart wat verlang?

Jy sou vir my eendag vra om te trou,
Op n romantiese plek,
Met daai klein, fyn wit-goud ringetjie.

Hoekom moes die wind jou so vinnig wegwaai?

Ons sou vir ewig saamwees ... AS ons wou!

Melktandjie

Rond

My hart is rond ...
Soos 'n bal ja,
Dit rol net aan - om en om.

Eers op die sypaadjie - veilig,
Dan op 'n wipplank - op en af,
Dan in die wolke - al swewend,
Daarna in die pad - DOOD, omgery!

So het my hart gerol ... van een emosie na die ander,
Maar hy begin nou pap word van al die gekneus,
Dis seker hoekom hy nou n vierkantige vorm begin aanneem.

Dit is darem 'n meer standvastige vorm om te wees,
Ek bedoel daar is net 4 hoeke om te kneus,
En vier sye om te genees.

My hart was rond,
Maar nou voel dit soos 'n bloedklont,
Op die vierkantige waterfront.

Melktandjie

Pappa

Pappa,

Hoekom moes die twee jaar so vinnig vlieg?
Hoekom moes ek so onsettend lief raak vir een man?
Hoekom het ek my hart op hom verloor?

Pappa,

Pappa ... luister jy?

Hoekom het ek hom probeer verander?
Hoekom het ek gemoan oor stupid goedjies?
Hoekom het ek so vinnig ingegee?

Hoekom het ek als in 'n drom gegooi?
Hoekom was ek so dom?
Hoekom moet ek nou terugkyk en terug wens?

Hoekom kan hy nie vir my kom haal nie?
Hoekom kan ek en hy nie net saam wees nie?
Hoekom verlang ek so so so so baie?

Pappa, hoor jy?

Hoor pappa hoe dreun die donderstorn deur my hart,
Hoor pappa die pyn wat klop in my are,
Hoor pappa die jammerte en spuit hardloop in my hoendervleis?

Voel pappa wat ek voel,
Voel pappa die gat in my hart,
Voel pappa die leemte?

Sien pappa die eina in my oë,
Sien pappa die mees fantastiese tye in my memory,
Sien pappa wat het 2 jaar aan my hart gedoen?

Pappa? Antwoord my ... asb!

Melktandjie

Iets wat awesome verby was!

Sy asem-reuk klou nog aan my reuksintuie,
Sy stem se wasem klou nog aan my oorbuis,
Sy stem vibreer nog in my oorgange.

Sy lippe se voutjies sit nog op my voorkop,
Sy vingerafdrukke sit nog op my wang,
Sy kouse se weefsel voel ek nog aan my voete.

Sy oë se diepte, voel ek nog in myne.

Nie een enkele deel van my was gereed vir dit nie,
Ek, myself was nie gereed vir die groot skeiding nie.
Wie sou kon raai dat die prentjie so sou uitdraai?

Die wind het so ontstuimig gewaai,
Hy het jou sommer uit my lewe gewaai.
Als is nou vernietig,
Jy lewe net in my gedagtes,
In my kop,
In my drome.

Ons lewens is so onsettend ver uitmekaar nou,
Nie eens liefde kan ons 2 omvou in sy klou!

!!

So, hier by my.is my wang leeg,
My lippe koud,
En my hart besig om te verlep.

Ek mis jou so baie!
So, Kom kuier weer in my drome,
Met jou Quiksilver top,
Met jou English blazer aftershave,
Met jou rooi neusie.

Want ek hoor nou nog jou stem in my oorgange ...

Melktandjie

As

As ... Verbrande hout?

My as is morsaf gebreek,
Dit le nou op die grond,
Gebroke, flenters, stukkend
Dis klaarpraat met hom!

Hy lê daar op oop en bloot en bloei,
Niemand sien hom raak nie,
Want hy lê en glimlag die trane weg!

Almal dink my as is 'n stukkie yster,
Hulle almal is onder 'n wanindruk.
Die as is nie van yster 2 of eers yster 3 nie,
Jy kan hom nie aan die brand steek en 'n oranje of groen vlam kry,
NEEEEEEEEEE ... dis van are en bloed en weefsel.

My as is 'n lewendige organ, die belangrikse!
My as se naam is hart.

Maar my as wil nie meer werk,
Hy wil nie meer alles bymekaar hou.
Want wat ookal hy doen,
Die wiel bly dan in 2 vou!

As my AS maar net verbrande hout was,
Sou dit darem daar kon lê,
Sonder om te bloei, sonder om te voel.
En ek sou na dit kon kyk sonder om te voel!

As ...
As my AS maar net as was!

Melktandjie

Voetspore

Ek het opgestaan met jou in reuk in my neus,
Met jou image in my kop,
Met jou figuur in my drome,
Met jou, ja met jou in my hart.

Ek staan elke oggend op met nuwe hoop,
Met hoop dat ek van jou sal vergeet,
Met hoop dat ek nie memories het nie.

Jy was eens 'n droomman,
Nou is jy net n man in my droom.
Al stap jy hoe ver uit my drome,
Sal jou voetspore altyd diep in my hart lê!

Ja, jou voetspore ...

Melktandjie

Moet nooit vergeet hoe vrek spesiaal jy is nie!

Jou teenwoordigheid is 'n geskenk aan die wêreld,
Jy's uniek en daars net een van jou,
Jou lewe kan wees wat jy wil hê dit moet wees,
Vat dit net stap-vir-stap en dag-vir-dag,
Tel jou seeninge en nie jou probleme,
Dan sal jy dit deur enigeiets maak!
Binnekant jou is soveel antwoorde,
Wees net verstaanbaar, positief en sterk,
Moenie 'n limiet op jouself plaas nie.
Daar is soooo baie drome wat net vir jou wag,
Besluite vir vandag is te belangrik om uittestel na more,
Ryk na jou grootste drome en doelwitte,
Moenie baie stres nie, dit verbrand te veel van jou energie,
Hoe langer jy 'n probleem dra, hoe swaarder word dit.
Moenie lewe TE ernstig opvat nie.
Leef 'n lewe van vreugde ... nie een van spyt,
Onthou 'n bietjie liefde gaan n vêr pad,
Maar baie liefde gaan vir ewig!
Onthou ook dat vriendsakp 'n wyse belegging is,
En saam maak die mensdom die lewe 'n opwindende ervaring,
Besef dis nooit TE laat vir enige iets nie,
Doen klein dingetjies in 'n oormaat.
Leef 'n volle lewe van vreugde, geluk en liefde,
Vat 'n tykie om te ontspan ... en maak 'n wens op 'n vallende stêr.

EN MOET NOOIT OOIT VERGEET HOE VREK SPESIAAL JY IS NIE!

Melktandjie

Sommer net

Die manier wat jy my hanteer is ...
ek weet nie presies watse woord om te gebruik nie,
dit is.dis sooo ongelooflike bond tussen ons
wat maak dat ons die perfekte verstandhouding het!
Jy laat my soos die prins se pragtige prinses voel,
jy plaas my op 'n pedestal waar niemand,
NIEMAND kan bykom om my af te haal nie,
dit gans te hoog!
En as ek daai pedestal is, kan niks en niemand by ons kom nie,
want net ek en jy is dan daar
en net ons verstaan die bond tussen ONS!

Woorde kan opraak en ons sal nogsteeds weet hoe ons oor mekaar voel. Soentjies en drukkies kan
opraak en ons sal nog steeds weet hoe ons oor mekaar voel.
Emosies kan opraak en ons sal nog steeds weet hoe ons oor mekaar voel ...
dis net 'n gevoel wat mens voel, en wanneer jy dit voel, sal jy weet dat jy dit nog nooit van tevore gevoel het nie!
DIT IS AMAZINGGGGGGGGG!

Melktandjie

Die spieëlbeeld van gister

Op hierdie oomblik sit ek hier.die vensters staar na my,
die wolke loer deur hul wollerige hare vir my
en die son glimlag vir my!
Dit die hele vibe in my lewe voel anders ... anders as gewoonlik,
My hart voel op sy gelukkigste, ek het nog nooit in my lewe so gelukkig gevoel van binne nie, die gevoel is onbeskryflik!

Elke dag dink ek daaroor ... en dit klink soos 'n sprokie,
dit klink soos 'n Shakespeare short-story wat verwerklikheid het!
Wel, om elke oggend met hom in my gedagtes wakker te word,
is klaar 'n bonus vir die dag ... ja dis klaar net 'n hoogtepunt in my dag,
om net an hom te dink en te dink jisi hy is my ou!

Soms as ek na hom luister, kry ek hoendervleis,
soms as ek na hom kyk lock my korneas, soms as ek sy met hom praat ... dan wil ek so sag en stadig en
sweet praat, net om seker te maak hy weet hoeveel liefies in elke woordjie ingaan!

Daar is n padkaart van ons verlede, wat terug dateer tot in 1999, maar dit was maar nog net die
begin ... Hoe se hulle: " klein begin, groot gewin!"
Dit is nogsteeds so amazing om te dink dat ons weer mekaar ontdek het ... op so weird manier!!Ek sou
nooit kon raai dat dinge so sou wees nie!!Dit is regtig n HOOGTEPUNT in my lewe!

Melktandjie

Jy was

Sjoe, jy was die oulikste lyfie,
jy was die viendelikste duifie,
auw ... daai kuifie!

Jip, dis die toe die appel nog aan die boom gehang het,
die paadjie vir ons twee was nog vet,
voel smiles, jokes en pret,
nog voor ek jou moes belet.

Ons kon stap en shat vir ure,
ek kon saam jou kuier ... tot by die bure,
om nie eers te praat van kampvure.

Die pad was so-so sag,
ek kon nooit wag vir die volgende dag,
dit sou weer gaan van krag tot krag.

Lewe was 'n sprokie en 'n plesier,
alhoewel ek nou weet die les was flippen duur,
sal jy altyd hang aan my hart se muur.

Alhoewel jy nie weet die gedig is vir jou,
hoop ek dat my feelings nou sal ophou,
want jyt al mei verdwyn saam met die dou.

Jy is 'n uitgesorteerde collage,
wat hang tussen baie in my siels-garage.
En nee, ek sal jou nooit camoflage.

Dis waar ek jou gaan los,
of lei ek myself net om die kinkelbos,
jy sal nie word soos mos,
want jys elke dag in my hart se pos.

Melktandjie

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner