|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Papillon (Cornè Swart)
die son lê ver en koud
jy is weggevou
diep in 'n winterslaap
in die palm van Haar hand
lê jy weggestop
in 'n harde dop
jy't skanse om jou opgerig
tot eendag wanneer jy
jou verskyning maak.
die son skuif langsaam nader
jy's steeds vasgedruk
beklemmend is die donker
van jou papiehuis
elke dag die wonder
elke dag die pyn
binne in jou wegkruipplek
donker in jou hartseerplek
elke dag vervorm
die son nou loodreg bo
(jy's steeds weggesteek)
soen die blaar
waaragter jy nog skuil
dan breek jy los
jou tere sagtheid stu na buite
jou brose skoonheid wys
die dop word teruggevou
om nooit weer terug te hou
jou skanse afgestroop
jou vlerke ragfyn sag
en speel met kleur
jy het geleef, maar nou
leef jy allereers
vlieg versigtig, Papillon
drink nektar uit die lewenskelk
van elke lentebloeisel
van elke lewensboom
draai jou vlerke na die son
fladderend wyd uitgestrek
nooit weer saamgepers
nooit weer ingeperk
moenie talm, moenie wag
vlieg nou, Papillon
maar vergeet nooit
van jou wegkruipplek
die stilte, sagtheid, rus
want daar het jy verander
in dit wat jy nou is
- Anoniem
Tsunami - Cornè Swart
jou water het oor 'n fout in my kors
oor 'n kraak in my diepsee kom lê
donker
diep
koel
ek het opgebeur
jou siel van my af weggedruk
met vaart is jy daar weg
rigtingloos alle rigtings in
jy't propageer
voortbeweeg
sonder iets wat jou kon keer
Jy't nader aan die kant beweeg
die vlakheid het jou hoër laat rys
ek het toe jou krag besef
te laat...
jy het my met jou volle krag getref
eers toe jy weer wegvloei see-in
en ek neersak op die grond
het ek besef
dat ek weer hierdie golf sou ry
dat ek sou aanhou om jou siel na bo te druk
en jy op loop sou gaan teen 'n dolle vaart
my sou aanhou verniel met al jou krag
en my in verwoesting agterlaat
- Anoniem
|