Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die mallemeulerit

Niks kan die mense nou meer keer,
hul stoot en dan oplaas dan breek
die tyd aan om - hul vrees versteek -
die mallemeule te trotseer.

Die passasiers klim op en wag
in spanning dat die rit begin,
en die masjien daar binne-in
ruk skreeuend aan en skop met krag.

Geleidelik begin dit draai
en stadig kruip die waentjies voort,
dan skielik, glad heel ongehoord
begin die waentjies woeslik swaai

Aanvanklik het hul dit geniet
om om en om met spoed te kolk
maar rondomtalie word 'n dolk
want wieliewalie word rigied

Verbysterdes word meegesleur
party knyp nou hul oë toe
ontken hul wou ooit asem proe
slegs enkeles vind steeds plesier.

Gelukkig neem die vaart nou af
en almal is half duiselig,
die meeste is maar te verlig -
want hulle voel al na die graf.

Die einde het nou net begin
daar stop die draaier met 'n tik
dit gee 'n laaste dooie snik
en siele sweef die pretpark in.

- Melissa Munnik

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner