Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling. Digters Anoniem ...
Affair
Ek hoor;
hy het alweer
sy rondloper
hart verloor
Ek lees;
hol woorde
van bekentenis
- als 'n bluf
Ek verstaan;
afleiding,
vermaak,
fantasie,
illusie
Ek leer;
nooit-ooit
weer ...
Myth-N
Uncomplicated
Dis soos die wind in die nag
Wat 'n kerslig uitblaas
En die lig jou ontwyk
Soos die gangdeur wat hard toeklap
En jou verskrik laat omkyk
Dis soos die donirsetechno oor die pad
Wat jou aan jou polse wil laat kou
En die idoot in 'n kettingwinkel
Wat jy wil bykom met 'n vuishou.
Dis soos die gas in daai coke
Wat jou tong en jou keel brand,
Maar jou dors les
Dis soos die reuk van braaivleis
Al loop jy nounet uit Dros uit
Dis soos die koel van die skadu
Op 'n 38ºC dag
Dis soos die fm comedy show
Wat jou soggens laat lag
Dis elke dag sonder jou
En die leemte wat dit omvou
Dis jy in my drome
En jy in my hart,
Dis jy lieflingman
Ook die kern van my smart.
Myth-N
oploop
Ek wonder wat die rede is
Ek wou nog - vra daarby.
slegs,
1 hart se wens;
Dat ek weer 1 keer,
daai bekendheid
sal ervaar,
nog 1 maal,
daar,
onderaan
die eindpunt -
Vol snipperinge ...
van ons eie
Sprokiesverhaal ...
Myth-N
Weg
Ek wil die spasies
tussen jou woorde
wegvat;
Die leestekens, elke letter,
wipe, delete.
Dit alles was net myne -
My hart nou 'n koel vuur
vol jaloesie;
Dis ek wat jou so ken,
Alles daarvan - JY,
Was vir my bestem -
My asem trek skerp in
My hand vlug onwillekeurig weg,
Weg,
van die keyboard,
Weg,
van die selfoon
Weg,
Van die klemming om jou hart.
Myth-N
Volvanjou
Jy weet dat ek vir ons sal wag,
Jy vra verniet - dag na dag -
Tussen die skitter van die sterre,
Die hoor van jou lag,
Die hitte van steeloomblikke
Deur elke donker nag.
My hande en kniëe seer,
van voor die liefde kruip,
tog soek ek jou keer op keer,
My trots al op gebruik.
Jy wat alles in 'n sin opsom;
Woorde vol apologie,
Wens soms dit was andersom -
Dalk sou jy dan weet,
Wat geensins verborge lê,
Sou èk die een wees
met die heel laaste sê.
Myth-N
As wat?
As dit is,
Dat daar sielswonde is,
Waar lê die sielsalf dan?
As dit is,
Dat ons trane onbeperk is,
Lê 'n oorvloed op die grond?
As dit is,
dat almal met 'n rede 'is',
wie dwaal dan doelloos rond?
As dit is,
Dat jy perfek is,
Wat maak jou interessant?