Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Jy my skat

Kom maak vanaand 'n nes in my, my lief
Terwyl jy my met jou hande toor
Bring vir my die seisoen se eerste vrug
En liefkoos my met die sagtheid van jou mond

Want by jou het ek myself gevind
In die ritmiese beweging van jou lyf
Terwyl ek styf aan jou klou soos 'n kind
En jou brander oor my strand reis

So ek smeek jou vanaand met als in my bestaan
Om my hand vas te hou en by my te wees
So sal ons die tyd maak stilstaan
Onder die sterre, en onder die maan

Marietjie Neethling

Vogelfontein

Vanaand salueer ek jou my vriend
Want ek weet nie wanneer ek jou weer sal sien
Jou stofpaaie ken ek nie meer
En jou skadu's is nou so klein
Jou huis se mure is gekraak
En jou eens warm siel het jou verlaat
Jou geluide ken ek nie meer
En by my wek jy hartseer

So ek groet jou vanaand
En probeer onthou
Toe jou vensters nog heel was
En jou gange het nog gelag

© - Marietjie Neethling

Ek begin weer

Ek het hier gestaan en my binneste het geweet
Die spasie tussen my en jou sal nooit weer gevul wees nie
Van nou af sal daar altyd hol klanke in jou woorde wees
En jou hande sal nie meer warm voel nie

Ek het hier gestaan en my binneste het gevoel
Die deel van my wat jou so goed geken en lief gehad het
En die geur van jou arms om my is nou 'n onbekende smaak
Want vir jou ken ek nie meer - en sal nooit weer nie

Ek het hier gestaan vir die eerste keer alleen
En al het ek niks gehad nie, het ek besef ek het jou nooit gehad nie
Die skadus van ou herinneringe en ons name uitgekerf het verdwyn
Want vir my het jy nooit lief gehad nie

Ek het daar gestaan en het my vlerke gesprei
Vir die eerste keer kon ek diep asem haal en verder sien
En ek was nie bang nie en was nie alleen nie
Want U is binne my

© - Marietjie Neethling

Elsje - My Soulmate

'n Love soos joune is beautiful
en die krale om jou nek vertel 'n storie
van 'n brave girl wat eens ook baie bang was
maar nie eers die donker kon jou tas
'n Smile soos joune is beautiful
want dit kom van binne jou warm siel
en nie eers gister se vrese en twyfel
kan die mooi verander van jou profiel
'n Touch soos joune is beautiful
want dit gee water aan die droeë woestyn
wat vloei uit die mond van jou pen,
en van binne jou fontein
'n Moment soos joune is beautiful
want jou silence is golden en so ook jy
en jou asem wat uit jou diepte kom
blaas lewe in elke tam en droeë blom.

© - Marietjie Neethling

Jy

Jy
die spasie in my siel
die woorde van my profiel
jou mond proe soos Merlot wyn
en jou hande voel soos die somer

jy laat my vergeet elke keer
en tog onthou ek weer
jy laat my lag - jy laat my wag
en vat weg al die seer

ek sal jou nooit vergeet
soos Simba chips en Aromat
soos die reën in die Vrystaat
soos die stofstorms in Augustus

sal jy...
ja jy
in my profiel bly.

© - Marietjie Neethling

As

As is verbrande hout
Skuldgevoel en water onder die brug
Wat skemer in die skadus spoel
Om jou skuldig te laat voel

Want as ek tog gebly het
Sou nie een van ons seer gekry het
En as die son net wou skyn
Sou al die mis verdwyn het

So nou krap ek in die warm as
Tot my hande swart en seer is
Want dalk, net dalk is daar nog hoop
Weggesteek onder hierdie As-Hoop

© - Marietjie Neethling

Somtyds

Ek sit in die donker bar
My oë sien alles raak
Tot diep in my whiskey glas
Hang jou reuk nog aan my vas

My oë kyk by die venster uit
In die hoop dat jy sal kom
Maar my hart verlang erg vanaand
Na Bloem en ons eerste date

Ek tel die dae af - een vir een
Nog een sonder jou
Ek huil my aan die slaap
Nog een sonder jou

Die man by die bar met die hoed
Vra of hy 'n drink kan koop
Hy vra oor die trane in my oë
En ek vat my goed en loop

Alleen sit ek by die jazz café
Twee-twee oral rondom my
Ek drink my koffie en onthou
Jy wat eens my lewe was

Ek tel die dae af - een vir een
Nog een sonder jou
Ek huil my aand die slaap
Nog een sonder jou.

© - Marietjie Neethling

Winter

Dis koud vanaand en winter in my hart
Ek maak oop nog 'n bottel wyn
En luister na die sound van reën teen my venster
Dis net ek hier vanaand
Maar jou skaduwee is teen die muur
En jou reuk hang in my gang.

Waar loop jou voete heen vanaand
En dink jy ook aan my
Hoor jy ook die trein in die verte
En raak jy ook bewoë

Jou koffie beker langs die stoel
Staan al daar vir 'n maand
Ek is te bang om te beweeg
Ek voel jou presence in die room
Jy was die soul of my everything
Die rede vir my bestaan
Nou staan ek naak voor my venster
En weet ek is alleen

Waar loop jou voete heen vanaand en dink jy ook aan my
Hoor jy ook die trein in die verte...
Is jou hart ook stukkend en alleen

Een vir een blaas ek die kerse dood
Die donker is 'n hawe vir my siel
Ek maak my oë toe en onthou
Maar dalk moet ek vergeet

Hier waar ek nou is sal jy nooit kan wees
Al huil ek elke aand
Hier waar ek nou is sal jy nooit kan wees
Want ek is in 'n ander land

© - Marietjie Neethling

2004


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner