Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Winette Louw - "My Love"

Een aand, byna 'n jaar terug -
musiek geskreeu en liggies het geflikker.
Mense dans, jol ek kuier lekker heen,
ek op WKD en jy op SA rooiwyn.

So kry jy toe guts om my kring in te dring
Jou pragtige skitterende oë het my
net daar skoon disnis geslaan - asof
kupid sy pyl vol liefde reg in my skiet.

Daai aand het als verander -
jy, wie ek nou my skat, bokkie en love
kan noem; is nou in my lewe
'n volmaakte een, sonder jou is daar net leemte.

Lang gryshaar paaie lê vir ons nog voor,
oud word, kinders en kinders se kinders
lekker toer en vrolik wees, sonder jou
sal ek vir altyd leeg wees.

Die gedig is net vir jou -
ja vir jou my prag en toekomstige vrou,
klink die naam Winette Louw
ja die is my liefde wie ek altyd sal onthou.

Love jou my babes
deur Maybe my Baby's -
rooiwyn en pyn - vir ons is daar
'n lang toekoms met mekaar....

- Werner Oelofsen


Bedroefd is ons - ek en jy

Lusteloos raak ons die laaste paar weke
stress, worry, hierdie kant
en dan daardie kant,
Wat sal ons maak?
Keuses gaan ons nie "breuke".

Tyd het gekom om aan te skuif -
SA wag met ope hart,
boesemsland, ja moederland
paar maande se harde werk dan.....
ja dan sal ons die UK vir altyd totsiens wuif.

Bedroefd is ons- ek en jy
Ja, jy my lief en lig van my pad
moeg geworry oor toekoms wat kom,
is dit donker of skitter van geluk
glimlag, moenie huil, jy't immers vir my

Dae, maande lank het ons besluit
tyd het ons deegsaam geniet
plekke gesien, gedoen en ervaar
die einde is in sig, almal weet
vriende, famielie almal is bly- oor ons hier uit...

- Werner Oelofsen


Oorlog of Sports?

Stilte heers in nagtelike tyd
mense skarrel vinnig heen
bomme ontplof, vensters breek
almal paniek bevange,
in die menslike stryd.

Bebloede strate gee hartseer prent,
kinders sit in hoekies bang,
bekommerd, geen idee wat gebeur
grootmense hardloop haastig rond
oorkant die pad sit een orent.

Is die dan oorlog of sports?
Kleingoed huil eensaam heen,
niemand neem notisie van kind wat skree.
Sal die mens dan ooit verstaan,
staan by God want Hy's ons Rots.

Regerings gee nie om oor pyn,
lyke le gestrooi, wesies kyk bedroefd
net rond, niks niemand om hul te steun.
Grootmens maak net seer; op ons knieë
"Here laat die pyn asseblief verdwyn"

- Werner Oelofsen


Kind wees, sonder traan

More mamma, more pappa
dis dogter groete voor skool,
ja vandag is dit die eerste,
die eerste dag by die skool!

Warm mieliepap prut in staal pot
mamma en pappa se oggies straal.
Tassie gepak, kleertjies aan:
wag, ons moet die kamera gaan haal.

Prag fotos van kop tot toon,
ouma en oupa pik skoon traan.
ver pad lê nog voor:
"kom pappa laat ons gaan."

By die skool is net bang
nuwe gesiggies, oral heen wat staan
ouers groet, kinders huil
Hoe kan mens kind wees, sonder traan?

- Werner Oelofsen


Saam sit

Pik giet donker nag
fyn grys klippies kners onder jou
vuil handegemaakte vellies, lekker
kas toe, moeg gesuip
slinger ons tot die volgende dag.

Skrefies ogies lê jy inni bed
as die skerp son jou groet deur wit
gordyne voor die venster
kom staan op, staan op!
hel die dagsmens moet jou kom red....

Gras groen vlaktes lê voor ons gestrek
pragtig, natuurskoon en asemrowend mooi.
Lekker op die rowwe terein
in Transvaalse platteland, doodse stilte
behalwe vir die gekerm van die geroeste plaashek.

Verstaan ons dan nie die mooi
kyk oor die toe gegroeide spruit,
moet mooi kyk, fyn en oplettend
plastiek sakke rond gestrooi.

Blameer al wat mens, swart of wit
dis ons land!
magtig, kom maak dit reg
Skouer teen skouer, uur tot uur
sal ons ooit weer saam kan sit?

- Werner Oelofsen


Ma en Pa

1978 was 'n moelike jaar,
ma en pa het klaar kiddies wat
rond spring en baljaar.

21 Mei was dit my beurt om
die lewe te aanskou deur baba oog
en as baba was ek verstom.

Ma en Pa het my leer speel,
praat en lekker lag
naderhand was dit net teveel.

Laerskool kom en gaan
knik jou oog en verdwyn eks
twaalf en wens ek was op die maan.

Hoërskool het net soos mis voor die son verdwyn
pelle, sport, stoutwees
om te sien hoe als wegraak bring net pyn.

Ma en Pa is immers daar -
so al my worries en stress
hoef nie in my op te gaar.

Vandag is ek volwasse en kyk net terug - glimlag-
sonder Ma en Pa
sou ek nooit wees waar ek is vandag.

W

eet ek is baie ver anderkant die waters,
maar ek verlang en moet net sê:
Ma en Pa vreeslik dankie vir als.....Love julle

- Werner Oelofsen


Winter

Dis winter, ys le dik op motor ruite
koue wind sny diep en seer
warmte in alle gemoed -
bleek vel word net bleker buite.

Vaal geel son loer skelmpies
oor die randte;
nagmens kom tuis na harde werk
koue lyf teen warm lyf, vroulief lyk alte vies

Stoom trek uit die bek van die ketel
twee suiker en n rooibos tee
een eier, stukkie spek en toast
moet mooi luister na wat vrou vertel.

Ja dis winter en die sneeu gaan kom
bedroef en depro raak mens,
als is yskoud en gevries
Net sy liefde bly warm in hom....

- Werner Oelofsen


jongmens

2005, london triomf jubelend,
jongmens dans en jol
naglug oorskadu deur helder liggies
ja liggies maak jou dol

sluk 'n pint, twee of meer
hel party want als in london
is fun -
lekker babbelas en kopseer:
"seblief gee vir my nie meer"

donker mense loop skelm heen
blou flikkerligte jaag verby
nog 'n jongmens word kom haal
woedend is ouers
stil, koud, roerloos, kaal

jongmens word WAKKer
hoekom nog pyn? "party is fun"
antwoord almal heen
trane rol oor doodse stryd

magteloos teen hartseer tyd.
Vra weer: Hoekom nog pyn?
stilte trek vir week aan een
Vrydag kom als vergete, nog 'n pint,
twee of meer...

- Werner Oelofsen


my "love"

Howzit babes, môre
my skat- is dit die woorde
van 'n liefdes
HART

soene deur dik geslaapte oë
hugs and kisses
hel dis liefde die!!!
elke mens wil hiervan proe

warm koffie in koue vertrek
niks anders sal
ons liefde kan versterk

my "love", my "love"
u r all of the above
sonder jou soene, drukkies en jokes
kan ek maar wegsmelt in
liefdeslose wind.

- Werner Oelofsen


Lewendige Gogga

Troetel my donker
lig skyn vaal deur gordyne,
voel, kyk, sien
SKRIK van al die fortuine.

Lewendige Gogga loer
oor elke mens se hart
maar oumens sien
nooit elke uur se smart.

Uur glas loop leeg, kom
vinnig kyk, ja kyk
die Gogga is by die deur
hy kom, ja hy kom.

Stil is dit weer,
tot jongmens geraas
diep binne lewe
tot 'n volgende keer....

- Werner Oelofsen


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner