|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
My se skewe portret
Ag Jirre
ek trek inne huis in
en n moedeloosgeite pak vi my beet
ek hettie meebels nie
My se kooigoete is vodde
en my se tv erial is stukken
my gordyne is aan't flarde
en twee af oor kommetjies
My se rasper het 'n roestigheid
en die broodmes stomp
my se hanne in my hare
sit ek oppie mat
My se enigste portret
hang skeef teennie mier
My se ou skewe portret
is 'n prentjie van Jou Jirre ...
Ronel O'Neill
Tsunami
In die Tsunami
verloor ek my mammie
Waarheen nou
my magie is honger
waaraan kan ek kou?
Wie't vir my n stukkie brood?
oral le lyke in n sloot
Hier kom n trok met sakke vol kos
ek kom nie by nie
sal dit maar los
Ek het so dors
´n brandpyn in my bors..
Ag Liewe Jesus hoekom al die water...
is dit ons sonde?
en word U net al kwater?
Ronel O'Neill
6 Januarie 2005
Kindjie rein
Kindjie klein, suig sy duim
Wie sou weet
Dit is die Een met die purper kleed
Die Een wat met klein vissies
later 'n hele volk sou voed
'n Paar stukke brood en almal eet goed
O'wie sou vermoed
O' wie sou vermoed...
Maria, maagd, moeder -
gelowige vrou...
die klein seuntjie Jesus aan jou toevertrou
Josef en Maria ouers so trots
'n Vrou gee geboorte aan die mensdom se Rots
Drie wyse manne en n groot blink aandster
Verkondig die blye boodskap heide en ver
'n Seuntjie gebore - almal opgewonde
Ons eie Jesus wat later aan die kruis sterf
vir ons sonde...
Ronel O'Neill
16 November 2004
Hillbrow
Bedlampie, skemerlig, skaduwee
reëndruppels en Augustuswinde
klop teen my venster
Buite die winderige koue nag
onheil lê om elke hoek en wag
Geluide in oorvloed
´n Kraan wat drup
Ambulans sirenes
gevaar vir almal wat alleen is
Gedagtes wyd
luister en ontleed ek elke geluid
Waarom huil die wind?
dalk oor die dood van ´n kind?
miskien oor ´n man se gelag
nog ´n vrou verkrag vannag!
Moontlik oor ´n straatkind in die koue
sonder ´n trui of hempie met lang moue
Verbeel ek dalk net
dat die wind buite huil?
dalk net eie trane
agter die masker wat ek skuil....
Ronel O'Neill
Golgota
Die lot van Jesus
Die Seun van God
Jesus, kon Jy nie maar ´n toorwoord sê
sonder om Jouself so in pyn te hê?
My liewe kind, jy sal jou sonde aan My bebloede hande vind.
Aan die kruis die moes Ek sterf
sodat satan jou nie kan werf.
My wonde is lankal toegegroei
so My kind moenie jou daaroor bemoei.
Liewe Jesus maar was die kruis nie swaar!?
Nee My liewe kind bedaar.
Jesus was die doringkroon nie skerp!?
Nee My kind dit was jou serp!
O' Jesus dit maak my hart so seer
Toemaar kind ,jy moet net bekeer.
My liewe-liewe mense kind
toe Ek na die hemel vaar
was My Vader God ook daar.
Met Sy ope arms het Hy my ontvang
en saggies gefluister....
nou's niemand meer bang.
Ronel O'Neill
|