|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Spieël
'n droom verlore
soos nooit tevore
al die effort
al die spanning is nou
weggespoel in die drein
en word deel van die
massa
stadig spruit die teken
in my oog
ek worstel om dit te beheer
maar ek
gaan verdrink
een of die ander tyd
ja
dis reg ja
gooi weg jou skepping
verwyt jou ewebeeld
jou maaksel
jou tragedie
jou gemors
jy wat altyd
spog oor ander
en die slang aan
jou eie gee
en
dan
wil jy weet
hoekom ek dit wys
jou antwoord lê
in jou jare
daardie jare
wat ek koester
wat ander mis
maar tevergeefs
dis 'n mors van tyd
totsiens
dink nie jy sal
my mis nie
nie vandag nie
© Peter Bodkin
'n Blik tydens werk in die geagtes van die verliefde
die oggend wolke le snoesig onder die strale
my gevoelens is
gemaklik
met die weer
n effense traan wil
kom kyk hoe lyk die weer
emosies
loop hoog
red(e)?
ek weet nie
maar hier is wat ek dink/voel/is/weet
ek lewe
ek lewe
ek lewe omdat sy my hart maak klop
ek lewe omdat sy is wie sy is
ek lewe omdat sy my laat opstaan as die son my groet
ek lewe omdat sy deel het in Sy naam
ek lewe want sy is my lewe
ek lewe
ek lewe
jou vensters wat deur my kyk
wat my soms brand as jy moerig raak
wat my laat glimlag as jy
jou alles
jy is my alles
ek kan nie sonder jou
ek wil nie sonder jou
ek sal nie sonder jou
ek is lief vir jou
© Peter Bodkin
Melodie
ek is op soek na 'n melodie
ek is opsoek na die melodie
waar sal ek dit vind?
geskryf met 'n
linkerhand
getoonset deur 'n
nagtegaal
gekomponeer deur
liefde self
verwerk deur
die wat dit ken
voorgedra deur
hulle wat weet hoe
aanskou deur
jaloesie
waardeer deur
die wat ook kan skryf
my lied aan jou bestaan uit soveel
woorde waarmee ek jou kan beskryf
my lied aan jou bestaan uit soveel
note om jou te beklemtoon
my lied aan jou bestaan uit soveel
emosie wat jy uit my melk in oomblikke van passie
ek het gevind
my melodie
die meoldie
die een
vir jou
aan jou
oor jou
jy is onbeskryflik
nie nodig om te beklemtoon
oorweldigende emosie
jy is die oneindige
onvoorwaardelike
definisie-van-liefde
melodie
jy is my melodie
ek het dit
gevind
Peter Bodkin
Pouse vir twee
Glimlag met 'n blom in jou
hare dit skyn sonder
om te verdwyn jou oë
glinster in die maanlig en
onskuld vul my geestesbeeld
ek soek skuiling by jou
nie later nie nou
ek is lief vir jou
Peter Bodkin
totsiens dagsê
Uit die een deur en terug
in die wêreld van geenmansland
dwaal ek rond op soek na niet
geen visie geen visioen
en daar op die stoel van die padda
sit sy
die ashoop ons geselligheidsoord
en knoop die woorde
die deur word geopen en ek word ingenooi
bloed syfer nog vanuit my wond
maar sy wil dit verpleeg
wat het ek om te verloor
as dit wat ek nie meer kan bekom?
en nou druk ek 'n traan
'n spieël van liefde uit die oog
van iemand wat die woord verwerp het
my geskenk is dan dit
hier waar ons sit en een word
op 'n stoel met jou mik van liefde
waar ek rus en vrede vind
Peter Bodkin
die ontmoeting
Met angs wat my om die hoek jaag
pomp my hart in my keel en ek verstik
aan die gedagte dat ek siels alleen is
om die draai gekom sien ek
jou
weer
daar waar ek altyd miskyk
hulle sê altyd vir my dis
mal
ek bewys die norm verkeerd
en vind my goud tussen as
en stank
oorweldigheid wat my tref
laat my meteens besef
dat ek ook mag wen
in hierdie
waansinnige speletjie van
'n ren
my oë herstel en toe is jy weg
net om my weer te sien
sodat ek my arms in joune kan vleg
onder 'n straatlig maan
en appel geur
(vir Y)
Peter Bodkin
Nuwe Maandag
Die hart van die mens het soms
'n skok nodig om wakker te word van
die Rip van Winkel
Die oënskynlikheid van die maan
op jou blik
laat my stom staan
en my woorde sluk
Sopas was als nog duidelik
en nou is als
'n reënboog
Al die kleure om te beskryf
die vreugde in my
dit waarvoor ek gewens het
was 'n roeping tot my eie
pad wat ek moes loop
en toe vind ek
Die wind
van verandering
die blom in die water
die (ek)
wat ek nie
kan neerlê
(vir Y)
Peter Bodkin
'n Traan
'n traan
ek voel jou traan op my wang
jy verbloem jouself in merkwaardigheid
van onskuldige skandes
die gesplete sessies en die
verhoog waar jy optree
dit
gee jou die selfmoed
om more nog iets voor te dra
jy verlustig jouself aan die skare se
bewondering
jou orgasme is deur ander se aandag
en aan die einde
wanneer jou kop en kussing
mekaar vashou en die laken 'n
fatsoen van jou liggaam ten toon stel.dan
voel ek weer die traan
uit jou kraan op my wang
jou traan
Peter Bodkin
Hekwag inspirasie
Met nuwe oë kyk ek
op na die berge waar my lewe
vergaan het in daardie ogggend van die
ren
daar het ek my eie ek verloor en ek was siels alleen in
hierdie wêreld van boos en haat en versoekings.my hart klop steeds ook maar net-net en skielik sukkel ek met 'n nuwe dwelm.die dwelm van 'n glimlag en waardering
WAARDERING
DIS IETS WAT EK OP DIE SLAGVELD VERLOOR HET maar nou is dit weer nuut
I feel like a new born
vir 'n slag kan ek opstaan uit my droom en
sê dit was goed en so
het ek opnuut respek en liefde gevind by vriende en by haar
my emosionele houding is effens
onstabiel en ek sukkel om die damwal terug te hou want ek wil
breek en my trane uitdeel
maar dis my trane van vreugde
dis my trane van wedergebore
dis my hart wat weer klop
my longe wat weer werk
my verstand wat skoon is
my liggaam vernuwe
my glimlag sonder ophou
ek skaam my vir my verlede en dis iets wat
ek
wil
opsluit
maar iemand sal die sleutel vind en als verkoop
ek hoop
sy sal verstaan
want as die liefde heers
oorheers
dit elke liewe aspek van wat was
ek kani wag om jou weer te sien nie
ek kani wag om jou weer te voel nie
ek kani wag om jou weer te druk nie
ek kani wag om jou weer te soen nie
ek kani wag om jou my hart te wys nie
ek kani wag nie
maar ek het lank gewag om te sien wat die ophef was
en dit was
die wag (werd)
Peter Bodkin
( )
Is life really worth living?
Moet ek moeite doen?
Moet ek slaap op 'n spykerbed om wakker te bly?
Moet ek wag?
Brand dit af as dit misluk!
Vernietig alles!
Vernietig myself?
Peter Bodkin
Skadu van nuwe hoop
Na soveel maande
na soveel dwale
loop ek jou raak
en nou wil ek iets maak
Jou smile, jou oë
jou deursettingsvermoë
dit slaan my voete
onder my uit
Oor jou sal ek praat, oor jou sal ek jubel
al word ons oud
ons gedagtes troebel,
want jy is die blom in my veld
appel aan die boom
Red Bull in my dag
Jy is die een wat my laat lag
al is dit slegs die begin
en al weet ons van mekaar min
maak dit tog vir my sin.
Ek dink ek's verlief
jou beautiful dief!
Het ek my verbeel of
het jy sopas my hart gesteel?
Is dit 'n droom?
Is dit dalk waar?
Wie weet..
kom ons kyk maar
Peter Bodkin
Ana-Pica
Die boek is die vloer
die blad my arm
die ink my bloed
Ek vlek my arm
dit vlek die vloer
Op die vloer skep ek 'n prentjie vanuit my hart
'n prentjie vol pyn
'n prentjie vol smart
ek soek nie geld vir my skildery
ek soek 'n antwoord
Gee my 'n reply
ek skree waar almal doof is
ek perform waar almal blind is
ek ontken my skuld
dit is my bloed
dit is my arm
dit is my mes
dit is my
skildery
Ek maak my eie meesterstuk van trane
Waar is my engel?
Peter Bodkin
Slotsom
die skildery op my arm is
my eie troos
en die hartseer sal
gou verby wees
want my
verf is amper op
Peter Bodkin
Die Kind
Die deur word oopgestoot
deur 'n ander se woorde
die deur na die dak van groen
dis waar ek woon
dis waar my siel slaap
in 'n kamer wit met een klein ogie
op die buite
my pille wat ek neem is klaar met gister
en nou slaan die simptome deur
hoe lank nog sonder dwelms?
hoe lank nog alleen?
sy is al een wat verstaan
maar tevergeefs as die een
wat jy liefhet verdwyn soos 'n
druppel in die see
kan jy asseblief
my trane kom wegvee
kan jy asseblief
die spies uit my hart trek
of kan jy net asseblief
asseblief
my genadedood aan my
siel verskaf
dat ek kan ophou in die
niks rond draf
opsoek na drome.
Peter Bodkin
Ongetwyfeld
Met 'n brander wat breek oor die veld
voel ek hoe my gevoelens insmelt
tot teen my murg van been
ek love dit as dit reën
Jy is meer as wat ek ooit kan begeer
en jy ken my deur en deur
maar daar is iets van jou
iets in jou
wat my hart met een greep omvou
ek wil soek ek wil vind en ek
wil die golf in my verslind
want hierdie golf van woorde, sinne, verhale, is soos
'n vuur wat in my brand
ek maak my mond oop
dit moet uit
daarom nooi ek jou na my land uit
waar ons kwaad wegvee
waar daar liefde spruit
gee my die wyn gee my nog wyn
laat my glimlag en vernietig my pyn
kom speel in die herfs
kom juig op die maan
my siel verkoop ek aan jou vir 'n pennie
ek soek my huis
en soos hy sê
dit is die storie van my lewe
soms gaan jy lag
ander kere bewe
hoe dit ook al sy
eendag sal ek my met haar
bind
en eendag
eendag sal ek myself vind.
Peter Bodkin
|