Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Showcase

Al vat jy alles wat ek gee
En bêre my op 'n trapi plek
Soos die showcase langs die dinki toys
Agter die porselein boerboel strooi

Bly my kopi wip wip draai
Gloei my sielki donker fraai

Sênou maar jy haal my uit
Ontsluit my angs en
Skets my met kleuterskool vetkryt

Maak my weer kind
In onskuld verblind verbind

Skemer

Vêr

Vêrberg vêr(te)erg
Vuis in vlam
Soentjies kil gegril
Ontlont ek
Front ek
Skort ek
In stilswyg lippe lek
ek.

Skemer

Ek verdra jou

Ek verdra jou
Dag in dag uit
Terwyl ek huppel hoopi hier sit

Ek vergeef jou
Nag in na nag uit
En spalk vergeefs my denke

Ek begeer jou
Saans net vir 'n ruki
En verf jou toe
verf jou weg

Lae op my pallet
Eb en drip en set

Ek staan trug en gril
Dis wat ek nou voorsien
lat jy verdwyn
lat jy weg kwyn
lat jy nimmer meer nooit weer
my hart vuil met jou charcoal fingers
bevat bevoel besmet besmeer

- Skemer

Skemer

Aap hart HATE spyt

vrag ment van stilswy
duister moment
twyfelhart tot niet
ontsmet
beeld in flym refrein
semel skaafsel skaam sement

Hart in bong
keel op klop
skielik dubbel tong
in pen wat wit uit wyf  
wa gan ek, Witboy belong

- Skemer

My tikmasjien het gedroom hy was 'n Apple Mac

My tikmasjien het gedroom
hy was 'n Apple Mac
Met digitale kwaste jou begin kaal uit trek
wat drup daar...
klik klaar
trip swaar
in moerbui rooi
en sonneblob geel
met skaafsels filter groen kapoen

In swart dooitjies het ek jou beskryf geskets
Jou met perspective uit artistic code gelig en ge-ets
Strepies, skadu in vorms van beleidende gewetes
Drop shadows met fyntjies blink gesteentes.

Vok weg woorde!
Lat ek die prentjies nader trek
Semantiek artistic los-lyf vêr-volg en vêr-los
Trace ek jou outlines en mesh jou points
Met sirkels, shaded oor elevated eelte in jou joints

- Skemer

Afrikaans Verstrooi

Gee my Pieter piliki
Gee my bosbok boboti en slegte skenkel potjie
Gee my Ingrid met al ha bitterbliksem tjol
Mak my 'n muurnaam ini voortrekker mall

Afrikaans is goed
Afrikaans is mooi
My Afrikaans goed op ge-volk verstrooi
Al is sy gepyn met plooi
Dra ek haar dag na dag in safier getooi

Deur skewe vet rolprent resensente
Kyk ek verby die anglisismes sonder ente

Deur bank instellings se verkrag vertaling
spook ek heeltyd deeltyd altyd
Vir jou gereg en majesteit
Meer vir jou
as die koop-hie-skrywer publisiteit

So kom my oor in
Met trots hart en humor skerp
Gee my meer semantiese kou-goed
Ek soek meer werk

Want daars nog baie suburbs vir die nuwe sieners
Nog taboo raspers vir mollig honger caspers

Solank Riaan met sy oorkam bles
Die nuus nog bring oner skaam protes
En tanni magda nog lewe by die blommetjies
En ni oner hulle ni

Solank Breyten vêr is en daar bly
Solank Koos se spatare nog rooiwyn gis
Solank die Karen's nog skree-sing-spring
SAL ek aan jou hulde bring

Aan jou my eie alfabet
Met jou rowwe reëls
Verskyf - verskryf - verdryf
In die toekoms in
om elke dag weer op nuut jou faam aan hul te bring

- Skemer

x-wêreld

My gal dier manier van plesier bestuur
Kruip Rageltjie ritmies teen 'n molshoop
Sy lyk asof sy my sal klein kakis verduur
Jy lyk asof jy met my dramatiek kan cope
O God dankie vir die gister's flop

Teen hom skadu ek haar
Maak my oë haar bedaar
Kyk mooi my Jipsi swerwerskind
Dis verby, hys weg, dis nou klaar

Teen hulle moet ons al2 skerm
Te vinnig veel verwoord
Te veel vinnig te oorboord
So tot niet
in sekondes breek deels tyd gevind
Net jy en ek en ons eie reëls

Teen haar vryf ek staties sag
Spring klein vlammetjies van voel
Met moerske consequence in sweterjoel

Vir jou skryf ek skrefi oog
Kou ek jou OOp mond voor almal
en braaf
Begrawe ons alles wat remind
van die x-wêreld
Met 'n ligter liewer skooner graaf

- Skemer

Vuil blou blokki sweetpak broek

Sit in vuil blou blokki sweetpak broek
Kop muf met spliffs van riffs en rhymes
en verdoof explore ek my lygeid
Deur my fingerpunte versigtig te verbrand
Op hiri as belaaide keyboard se boonste kant

My verlede weg
mar stem resoneer
Deur tyd en
In laat treine na
nowhere

Ek wil weer lag oor my bank balans
Mar die honger pyne gee geen kans

Kroon met duwwelkies gedruk
'n trop klein letter duiwelkies wat pluk
vat my stadig oor die brim
van hiri letterkundige toilet se rim.

- Skemer

Palmhart

Deur die dwaal van sy-soene vind ek
myself in wrede winter op palmhart

Hier geswaai en daar getry
Flikkers 4 free vêr gat weg gegooi verkoop
My stingel strengel ryp gegryp

my brood muf versadig
afgeskil
afgedop
verstop verniel in groeisel brand
Krap en jeuk ek onbedaard in my onerbaard
Knippi oog en dan verbreek
Wreed vervreem kraak my keel

Het jy rerig die guts
om my smart te halveer
en net met my te deel

- Skemer

XEBestaan

My bok o bok
My Xebastian
My liefling selfgrootgemaakte seuntjie
Gekom skielik fynbeplan
in n somber Ierse kersfees reentjie

Jy verdien ni hiri op geskommelde bestaan
Van gillende kamer deure wat hard toe slaan
Van skree en lelike woorde wens
En ek en mama wat maande lank
agrefies alleen in vuil skottelgoed
voor jou rond dans

Jy pipi nog in doeke
En weet niks van allie donker hoeke
Waar jou verlede met 'n skerp lem reg staan

Jy dig in klein ba-ba woordjies
Wat rittel en sing sing stilletjies
op spiderman komberse
Spinnedraadjie wolkies
in my hart omkring
In sirkels van die hoop op 'n volmaakte lewe
Voel ek skuldig oor my skoon gewete

Die seer van jou
so vêr
Die klank van jou lag wat ek moet bêre
Vir die koue dae
die roue dae
groue dae
En hoe ek eendag jou moet antwoord
As jy finally vir my sonder waarskuwing vra
Papa wat het julle dan so erg gepla

Al ken ek nie al die antwoorde
En weet ek net biki van rym en akoorde
Belowe ek jou vandag
Dada gan jou nog lat lekke lag

Mar ta-ta tot nou-nou my ba-ba met sy da-da se plooi
al soen sien ek jou net dan en nou
weet papa is nog lief vir jou

- Skemer

moordVÊRwoord

My skraal metodies voorberei
Versigtig bang
Pissie nakend kaal
tussen spook en gees gevang

begin net orals sny
Ver stipoog toe
kners en wens

ag dis toe nie so seer nie
die bright swart lig wat volg
soos 'n rugdraai see warm golf
net 'n palm fingers wat sagies plof

- Skemer


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner