|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Klaar
Sien, sug, soek ...
vrae gevra
Gevra ja.
Antwoord ...
Stilte.
Wat, waar, wie ...
Vendisie gebie
wat wil hê
waar wil wees
wie gaan sê
Dol, dof, donker ...
is nie meer
was gewees
laaste woorde gelees
Dit is klaar.
Rosemary Kreinz
Pa
Jare, maande, dae
Vanaand wil ek vra
Wie gaan instaan vir Pa
Wie gaan staan langs Ma
Nooit weer vir pa by die deur sien instap
niemand om my gou iewers heen te vat
Geen mens kan daardie plek vul
Binne my word dit stil
Pa is wel hier by my
In my hart sal pa altyd lewendig bly
My hartseer vanaand groot
maar die wete dat pa nie meer ly
sal my pyn verstoot
Ek weet dat pa elke dag
na ons kyk
Pa hou wag.
Maar pa kan nou rustig raak
Rus
Dit is al wat saak maak.
Ek mis Pa
Rosemary Kreinz
I'll keep on Loving you
You can call me names
Play your little games
I'll keep on loving you
You can break my heart in two
Make me blue
I'll keep on loving you
You can go away
"It's over" you'll say
I'll keep on loving you
Take the other woman
Have a blast
Say I'm in your past
I'll keep on loving you
Think she'll make you happy
Pretend to be
I'll keep on loving you
You see
My love for you are true
I know we are through
But still ...
I'll keep on loving you
Rosemary Kreinz
Verlange
Gedagtes gaan terug,
Staan teen 'n muur met my rug.
Herhinderinge laat slaan my op vlug!
Terug.
Verlede se gange.
Vader?
Hoe hanteer ek die seer en verlange?
Sien jou gesig,
My hart swig.
Nooit mag ek sê
Dat ek jou wil terug hê.
Weet ons sal nooit weer wees.
Die seer moet nog genees.
Wens,
Dat ek jou vir die seermaak
kan vergeef ...
Sodat EK
Met die verlange kan saam leef.
Rosemary Kreinz
Iemand ...
Beter as ek?
Pyn wat nie uit haar oog lek ...
Sal sy jou beter behandel of ...
Skuil jy agter 'n mantel?
Alles uit liefde vir jou gedoen.
Daarvoor word ek verdoem.
Vra net wat jy begeer ...
Is dit in my mag sal niks my keer!
Alles vir verkede rede ...
Al wat ek vra ...
Liefde, Respek en vrede.
Wil jou altyd hier hou.
Wetend ek kan vertrou,
Dat jy geen rede sal soek ...
Om my te vloek!
Al woorde wat ek nou het vir jou ...
Ek is ...
Is Lief vir Jou ...
Rosemary Kreinz
Woorde
Lees 'n artikel in 'n boek.
Onderwerp ... Vloek!
Woorde wat jou binneste kraak.
Jou hart stukkend maak.
Baie al gehoor ...
Telling verloor.
Wil nie weer noem,
Hele menswees verdoem!
Beledigings slaan teen my vas!
Wil wegkruip in 'n kas.
Vernederings in alle vorme.
Woorde met geen norme.
Rosemary Kreinz
emosies
fyn lyn pyn
hartseer en verlange
iemand het gesteel gesteel
persoon wat my lewe deel
glas stukkend gebreek gebreek
orals stukkies
glasstukkies van liefde en gelukkies
liefde hart stukkend seer
huil nie meer
Rosemary Kreinz
Kers wat brand
Kers brand
Drome begrawe in die sand
Vlam maak 'n boog
Bly brand in my oog
Kersvet 'n traan
Pyn wat nie weg gaan
Staar na kers
soek 'n Bybelvers
Voel ook weg gesmelt
My sondes vergeld
In die lig van die vlam
Moeg en tam
Dood die vuur
Brand
Pyn wat my aangluur
Donker nag
Vader gee my krag
Wees U die kers wat in my brand
Haal my uit die sand
Laat die lig van U kersvlam skyn
Help my met hierdie pyn
Kers wat brand
Rosemary Kreinz
|