|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Alles vir ons Liefde
Om alles vir liefde te gee, gee alles
hou dit in 'n plek waar jy dit kan vashou
jy kan alles vir liefde gee as jy vry is
gee alles vir liefde
Miskien is jy koud my lief, bibber en bewe,
dan sal ek jou toevou en in die liefde hou
as jy wil
gee alles vir ons liefde
vertel my, voel jy verlore, is jy kwaad
vertel my van die plekke waar jy weet jy nooi kan deur
vertel my gaan jy die hele nag huil
vertel my die waarheid en dan vertel ek jou die waarheid
maak 'n lys van alles wat jy nog nodig het, los dit leeg, behalwe vir nommer een -
Skryf, alles vir ons liefde - Hou dit onder slot en grendel!
sodat jy sal dan die geheim in die agterkant van my skedel kan ken,
die donkeste hoek van my hart - Alles vir ons Liefde!
wees lief vir my met 'n oop hart
vertel my alles, dan kan ons 'n plek kry om te begin
vertel my van alles wat vir liefde te gee is
want ons kan die ding eenkant sit, saam gaan ons alles vir liefde gee
vertel my verloor jy jou pad elke dag
vertel my die ander mense wat jy erken, maak hulle jou swaar voel
vertel my alles en ek vertel jou alles
vertel my alles,net as jy alles vir liefde gee gaan alles reg wees
vertel my kry jy seer,is dit die moeite werd
vertel my is ander mense snaaks, verander hulle
vertel my hoe laat gaan jy, weet jy
as jy alles vir liefde gee moet alles reg wees
jy kan jou eie gang probeer gaan
maar as jy alles vir ons liefde gee
sal ander mense se leuns nooit deurdring, hulle snaaksheid verdwyn
alles sal goed wees, alles vir ons liefde!
- Justi Sasser
Doen Nou
toe nou,
droom jou drome,
jy het joune en ek het myne
ons doen wat ons moet doen
die heelal help ons nou
om daai plek te kry
waar ons asem kan haal
en doen wat ons moet doen
sit hom in 6de rat
en ontspan
ons deel in mekaar se geluk
daar is niks wat ons nie saam kan doen
Niks om oor te kwel
stop by die volgede stop
en geniet die rus kans saam
tot hier het ons dit saam gedoen
ons sal altyd skouers saam in die son skuur
daar is niks persoonlik
want ons vat dit gemaklik
kom want daar is niks wat ons nie saam kan doen
niks gaan ons terug hou
wees sterk en kommer oor niks
deel in die son
niks wat my liefde vir jou ooit sal verdoem
- Justi Sasser
nuwe uitsig
ek loop deur jo'burg se strate
elke tree is 'n nuwe liefdes brief
probeer oog kontak maak met elke vreemdeling
ek dink aan die stad
en die bewys is daar dat mense mekaar nodig het
ek dink hoe ek wil oop maak en gee, en gee,
dis ok om te gee
ek voel jou oral hier om my
mense wonder hoe ons die altyd tot 'n einde kan bring
kom ons laat dit eerder net begin
ek dink aan smag,
hoe om suksesvol te sondig
en aan genade, om aangetrek te wees en niemand om mee te dans
onthou 'n glimlag die rede vir 'n lag
'n onkenbare land, en wag vir jou
jy mag maar daarwees
en terwyl jy wonder om my in telaat
wou ek net begin
ek onthou die hoog, jy het gehoor dis swaar
en as ek 'n muur slaan kyk ek na die hemel
en dink aan my skepper en bid dat jy daar sal wees
want ek sien jou in alles, ruik, hoor, voel.
- Justi Sasser
blou
plaas jy iets in die middel van jou bestaan
en dit kort die krag om jou t evoed
sal dit jou alles vergiftig
sal dit jou verwoes ´n eenvoudigheid soos ´n idee
´n siening van jouself in die wereld
niks of niemand kan die bron van jou mens wees wees,
dit lê binne jou, in jou bestaan as jy in die bed klim vanaand
en jy sluit die deur grendel die slot
dink aan daai in kou en donker
want daar is nie genoeg liefde om die rondte tedoen totdat jy wakker word moet jy wakker word
jy vat teveel tyd om te kommer,
geen geld om tedeel geen liefde te verleen
geen wonder jy's onder druk, van hier lyk dit ´n hinder al wat jy het is vuilgoed in jou hare
jou nagmaries dring deur
maar jy kan ontsnap
dis in jou bors met geen vorm van vorm nie al die geure en kleure van jou lewe word suur
jy verteenwoordig die waarheid
jou vlerke gespan in die kleur van die hemel
wat sonder jou blou - Justi Sasser
|