|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Leë sprokie
Opgedra aan ´n Spookbeeld
Jy was ridder op ´n wit perd vir my...
Al is ek en jy steeds net ´n herinnering
- sal ons dit altyd ook bly -
Weier ek bang steeds toegang tot my toring;
Veilige vesting: jy my ewige wag.
Opgesluit droom ek my eie sprokie
en bly so blind vir my draak in die nag:
geen ridders wat my van jou wil red nie.
Louietjie
Gids nodig
Doolhof ongemerk om my geweef
het ek in jou verdwaal
en verlang ek nou onvergenoegd
na die contentment van my kluisenaars kwaal.
Louietjie
Weersiens
Tussen goud-gedoopte denne
met oral rondom ons
saggies aaneen
die herfs wat val.
Louietjie
Selfbehoud
moenie aan my raak nie
want die pad na my hart
loop deur my lyf
en my hart
- soos my lyf -
kán jou net nie meer nie
Louietjie
Monster
kom loop kaalvoet
op die stukke van my hart
- snykant bo -
want ás jy dan bloei
kan ek dalk ook weer
in jou menswees glo
Louietjie
In haar arms
Vir Hanno
Ver weg van vlakte en veld
bestaan jy boertjie benoud
in ´n beton oerwoud
- land sonder skadu's:
grys, gryser, grou gesmelt.
Sluit jou oë:
kaalvoet op geboorte grond,
koningsbrul in die namiddaguur,
en krummelpap langs ´n bosveldvuur...
Léwe, Kind van Afrika, áltyd,
in die goud van haar oggendstond!
Louietjie
Verby brûe
Jy's die gat in my hart.
Die een wat ek nie oor wil dink nie
- verál nie skryf nie -
want ek maak progressie vanaf Wanhoops as
met die dissipline van my pen
maar waar jy aan my vas was
loop bloed nog te sterk om met ink te meng.
Louietjie
Kom terug
Tussen koeitjies en kalfies alleen
skarrel ek onseker
vir verstaan wat jy eintlik meen.
Want benoud wil jy my skielik verhinder
het jy jou gaan toesluit
en praat jy nou een taal minder.
Ek luister fyn na alles ongesê,
respekteer ruimte en rook seine
maar hoop stééds om jou weer by my te hê...
Louietjie
|