|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Vry - altwee soorte
In die koelte van jy wees
Eet ek sappige vrugte
En ek gee nie eers om as
Die sap op my mors nie
Teen wolke van gister
Vlieg ek very tot by die son
En gly ek op die blink van sy strale
Soos ´n kind
Uitbundig
Vreesloos
Vry
- Maresa Sinclair
Spieël
Plat mimiek op glas
Koggel eindeloos
Die barland van my lewe.
Ingekleurde prentjie lag
Die droogte van my hart
Twee dimensioneel af
Buitelyne vou gemaklik om my raam,
Pers my saam
En merk my - vrou-
Vir hier en nou.
- Maresa Sinclair
Kersfees
In U hande is ek veilig
Word ek heilig
Lig U my hoog
Sodat ek kan sien en ek prys
Die werke van U hande
U troetel my in Liefde
Deurweek my met genade
Fluister my vol vashouwoorde
Totdat ek sterk is en kan vlieg
Met oorwinning oor U aarde.
U is waardig
Maresa Sinclair
Huwelik
Vryheid hou my vas
En word die mure
Wat my by jou hou.
Sagtheid slaan my ongenadiglik terug teen jou
Omgee omsingel my
En word kragtige kettings
En ek gedy in die
Tronk van jou toenadering.
Maresa Sinclair
|