|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Bosveldson
Die bosveldson omhels ons
en soen die veld met geur
die hemelblou se mantel
breek in ons siel in deur.
die bome het al vrugte
die veld is heerlik goud
daars bokkies in die grasveld
en voëltjies in die woud
Gedagtes hier is heerlik
hulle maal mens rond en bont.
Hul snuffel in ons kindwees
en sweef in wolke rond.
Die aand se vuurtjie streel my
met gedagtes só oor jou
Hy skinder oor jou skoonheid
Dis wonderlik by jou:
Jou helder blou-blou oë
Die lyne van jou mond
die glansing op jou hare
jou skouers fyn gerond
Jou goedheid en jou broosheid
Jou heerlikheid van gees
jou spesiaal, unieke vroulikheid
die warmte van jou wéés ...
Dit alles is so bogewóón
so eie aan jou naam
jy's heerlik soos die Bosveldson
O menslief kom tog saam.
Die Suiderkruis is bo ons
ons vat hom met ons hand
Ons knoop hom aan ons hart vas
en neem hom as ons pand
Jy's verweg in Botswana
Maar sien óók die Skerpioen
My gees is dus daar by jou
asof ons lippe soen.
- Spieëltjie
Enigma
Die meisie glimlag na die skerm,
Sit haar siel neer op papier.
Kliek en kies is maklik -
Pas ek in? Is ek dit ..., of dat?
Ja, OK, nie so seker, sê maar "So!"
"View you pofile", "You click here".
"As they will see you", o my hel ...
ek voel so broos en kaal,
die hele wêreld kan my binne sien
en enigeen kan bel:
'n Rus uit Ukraine,
'n Pool van wie weet waar.
'n Sheik uit Noord-Arabië
Of 'n tycoon van die States ...
'n Dominee wat 'n skelm soek,
'n Pervert wat wil buit.
My prins-man op sy witperd -
Wie weet, dalk's hy great!
'n e-Pos, 'n Reaksie !
Flits die nota ewe preuts:
"Would you like to read your e-mail now?"
Kliek "Yes" - nee, wag!
As ek kliek is ek committed ...
O nee! Dié saak word nag!
'n Boerseun uit die Vrystaat?
'n Myner van Natal?
'n Zoeloe vanuit London,
Of 'n vreemde uit Nepal?
"Koot", sê dit, en , ''Kliek'' vir Koot.
O, kwit!
- Spieëltjie
|