Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Skrikbewind op Aberdeen

kleinburgerlike vername gaste van die platteland
trek saam na die markplein in die klein karoo
om agter gemanikuurde hande
en bybels
´n oordeel te fel oor dit
ver op die horison van
weet en ken

Sonja Strydom
22/05/2002

Prysgeld: Ewige Lewe
geagte leraar van
die ancien regime
jou kleipot het rebels
besluit om die
voortrekkerkappie
en vieslike sisrok
te verruil vir
mekka, sikhisme,
boom, droom (/)
en die wit perd
om te kyk of jy
steeds die lotto
sal wen

Sonja Strydom
22/05/2002

1994
met oorgangstyd
het kommunis,
sosialis, liberalis
alles op die
brandstapel geoffer
vir vryheid;
enigmaties, dromerige,
sentimentele,
deerniswekkende
droom van kinders..

Sonja Strydom
19/05/2002

Tuiskoms
groot staalvoël het
sy voelers langsaam
uitgestrek op die
rug van die skelblou
kaap
sodat die verlore skaap
van die onbegrensde grysheid
die son druppend
uit die beker van
afrika
kom slurp

Sonja Strydom
15/06/2002

Nurmburg Verhore
stukkende lywe
opeengehoop na
vele winters, vuur,
aantygings en
moord

koggel my witte vel
uit afrika
ek met die witbrood
in die hand

word geja(a)g deur
dachau

Sonja Strydom
15/06/2002

Post-Koloniale Gouddelwers
victoriaans aaneengeryg
kleur die blinkteerpad
van london se
hartklop wanneer die
karoo son en vrystaat-geel
lig aansteek in
koue oe
van die kinders
uit afrika

Sonja Strydom

Droom van Koplesers
frankl praat van
blou lug buite
die doringdraad
rogers moedig die
siel aan tot
groter en beter
maslow se geloof
steek vas by
basiese behoeftes
freud word geterg
deur fantasie en droom
v en ek wil maar net
- normaal wees

Sonja Strydom

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner