Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

swierige swaan

(Wat jy sien is nie altyd wat jy kry nie)

selfvoldaan, swierig en stylvol,
reis jy tussen riet en gras.
gesofistikeerd en trou, maar
verlore, soekend na
honger oë vol ontrou.

laatmiddagson gaan jou jaag.
maar jy hom verag en jou teen hom verset.
die oggendstond sal sy rug op jou draai
omdat jy jouself verkoop het.

Susan Lourens

aardverwarming

doelgerigte spore stuur ...
keer terug...soos die soek en nie vind, na
'n gaan en 'n groet ... in benoudste uur ...

kennis vergaan, is sonder klank ...
alles verwoes, verbrand, verspoel ...
eens volmaak ... gekoester in God se hand.

Susan Lourens

Klug (groot kop, groot bek)

skadu onder hangtakke,
die koelte 'n lafenis,
'n briesie deur die blare,
'n spookbeeld in die mis ...

Wilgerboom, treurboom,
jy lieg vir die wind ...
verneuk die watervoëls
en terg vink se kind.

Treur nou ou wilgerboom
want jy dra geen vrug.
jou lang droe takke ...
alles net 'n klug.

Susan Lourens

Sindroom anoniem

Deur vensters van siele getuig die doodstraf-
    Uitpeul-oe, afwagtend vir die graf...
    Hygende asems, kermend, knaend,
    soos winde om hoeke... vraend...

Die aarde is koud, uitverkoop -
    Hope rooigrond, klippe-kransies,
    vir bergies en werkloses,
    van twaalf... 'n sesde kind.

Kinders van Afrika sonder ma of pa -
    Rondgegooi, soos los klippe in 'n besoedelde
    stroom.

Susan Lourens

Kaggelvuur

'n Gesig. Vlammehel...
Tartend en roekeloos
tussen noodkrete van kameeldoringhout.

Herinneringe wat saam lag met
warmkleure - oranje, rooi en geel.

'n Winternag...

'n Kremasie...

Susan Lourens

Ek wens ek kon

seisoene terugskuif...
die winters uitskuif,
herfs, wegskuif en
weer saam met jou
die somers beleef,
sou ek met 'n sonstraal, goud
oor blou berge smee,
met winde die besoedeling weg vee...

Susan Lourens

Evaluasie van Susan Lourens se gedigte

Wat dink jy van Susan Lourens se gedigte?

Uiters swak
Swak
Kan beter
Goed
Baie goed
Uitstekend
Uitsonderlik
  Uitslag en Menings

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner