Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die gestolde gil

Woorde warrel en woeker in my kop
Dit mael en dwarrel sonder stop
worstelende gedagtes hael in sinne
Dit donder, kreun en dreun hier binne
Dit stort uit op papier
In een bliksemstraal van vuur
Die vorteks van die storm is verby
Maar die woorde bly dreig binne my

- © Suzanne S Walker
Mei 2006

Die Nag verkul die Dag verkul die Nag

Die dagbreek ontwaak
in 'n parmantige gewaad,
en verf die hemels-koepel helder
Nag sluip sleep-voetend na sy kelder.

Die oggend ontvou
in 'n wolkelose blou
die kraai sing stom, die son
rys soos 'n beterweterige ballon,

voordat sy afblaas in die see
en die geil-swart nag
die kleur van die dag
wegvee.

- © Suzanne S Walker
Mei 2006


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner