|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Van Michael aan Marika aan haar pa
Tik tok fluister vader tyd deur die stem van 'n klok,
60 jaar, reeds verby
altyd was pa nog styf aan ons sy
Vaderlike figuur so baie stories om te vertel
en dit herhaal sodat die jongste ook kon hoor
van avonture lank gelede
waar wolwe huil en hero's lewe
nou sien ons jou op die stoep sit met n stywe dop
terwyl die son wulps speel in silwer sirkels op jou silwer kop
en pa al lag - laggend stories vertel in stemme en gebare, van Chevy's, hippies en die sixties se kitare.
Pa het ons met die Woord gevoed
ons groot gemaak in vlees en bloed.
Jy't jou afgesloof vir soveel dae
om ons te voorsien wanneer ons vir nog sou vra
jy was nooit te moeg, te arm of te besig om alles te gee
al was dit nie altyd 'n maklike stap sou pa dit aanpak tree vir tree
Dan terugkyk en se dis bloot net menslik
en as pa nou na ons kyk, sal jy besef al jou harde werk het nie misluk
En jy het die vrugte in jou kleindogter se oë gepluk.
Sosiaal sal ons kuier, braaivleis en laataand gesprekke,
van dinge wat pla - lewens gebreke
dan skielik in wyse raad ontbloot
terwyl pa se blou oë glinster groot
En ons weet dat troos daarin kan vind
vir jou kinders se hartseer was jy nooit blind
en wanneer ons sou eina kry, sou jy altyd ons stukkend plekke toebind
60 jaar af teen die stofpad -
soms maklik soms swaar getrek in eerste rat
opdraand op en afdraand af
maar nooit sou jy stop.
Van bevoorregte fase tot vokol hê verdriet
maar pa sou ons elkeen tot in 'n indiwidu giet.
en elke dag vir ons 'n decent living bied.
Die eerste kleindogter al amper vyf
sien ek die trots in pa se oe terwyl jy haar hare deurmekaar vryf
en sy giggel met n uiterlike blydskap
en vir die soveelste keer lag vir dieselfde grap
Sy glo dat oupa ook nog klein is en lus is vir speel
tog sal oupa want dis lekker om met nellie en die familie tyd te deel
Wat ons probeer sê is:
Dankie vir al die dinge klein en groot
nodig, onnodig - alles was n saak van noot
Ons is nou groot en pa se prinsesse is nou op hul eie pad
Altyd moet pa onthou, ons volg die riglyne al sny ons soms 'n lat 'n vir ons eie gat
Ons sal altyd houvas, aan dit wat ons die beste pas
en met die die opvoeding pak ons ons lewens tas
En se ons dankie en cheers, ons sal inloer van tyd tot tyd
vir baie jare nog klop aan pa se ruit
Michael van der Hoven
Drink
Ek wil myself konstand teen 'n muur vas slinger,
met myself praat en my vingerpunte brand
terwyl ek myself in jou verwardheid begrawe.
En in jou gevoelens rondspeel,
soos 'n kind in 'n parkie
en in jou doek piepie
wegharloop en jou in die verleentheid laat.
Gister was Sondag,
en ek kan niks onthou,
ek was weer wasted
wasted oor jou.
Elke keer wanneer ek mis.
Gryp ek na die bottel,
en laat ek my brein gis,
Dan sit ek alleen en stadig raak ek gesuip,
tot ek later verder van jou weg kruip.
Tot ek eventually onthou om te vergeet,
Ek verlang en ek wil jou sien pyn
ek wil jou sien seerkry en huil huilend huis toe stap
Ek haat jou soos myself, ek het jou lief soos jouself.
Elke dag lei jy my verder in die verdelf.
- Michael van der Hoven
Jeanie
En ons het geweet wat in mekaar steek.
Vir mekaar was ons mooi,
Al het die zits geel gesit,
En pubiriteit ons denke gevok
Kon ons vir ure in mekaar se oë staar.
En se ek het jou lief,
Jy is vir my 'n mooi mens.
Ons het mekaar verstaan,
Jy het my geken,
En ons het saam gepas
Soos die rizla en die dagga in my kas.
Liters wyn kon ons consume
Dronk op die mat lê en rondrol
Skielik stop en sê sing saam
Op die maat van Travis
Met sy skirl stem sag
Sou ek vir jou sê ek het jou lief
En jy sou saggies vir my lag.
- Michael van der Hoven
Witleuns
Sit nog 'n witleun soet op my lippe,
Vertel my wat ek moet vertel,
watter lewensverhaal ek moet herhaal.
Wat wil jy uit my mond hoor kom,
my denke, of my vissie se slotsom.
Laat my praat van goed wat ek niks van weet,
maar sit die wag voor my mond
met 'n hart van staal, vannaf die oorlogveld ongeskond.
Keer my leuns en sit dit soet op my tong,
gee my inspirasie, help my met die "song".
Tot ons witleunlippe mekaar ontmoet,
En verander in 'n voorgee verhouding, soet.
En ons eendag kan opkaarte met mekaar speel,
en ons nie weer hoef in mekaar se witleuns te deel.
- Michael van der Hoven
Goue "song"
Ons bestaan was duur om te koop
Die paaie en die higways wat ons sou loop
tree op tree vorentoe voorwaarts.
Al die goue bier by Barts,
goue oomblikke afgespeel.
Iets was toe nog heel
en ons was toe nog deel
van 'n goue oomblik vasgevang
met silhoeëtte teen die Overberg se hang.
Maar die somerson sak en laat ons bang
en hoeveel goue oomblikke in ons kring,
sou ons nog kon deel met wyn en kliphard sing?
Goeie wyn was ons bestaan,
Goue oomblikke ons lewensbaan.
Trek die kurk en gooi hom vol,
onsedelik, vrede geluk, herroep ek in jou die swart kol.
Maar die bottel val ek vlek die mat,
dit maak rooi en dit is nat.
Was daar maar net nog 'n glasie te deel,
was daar maar net nog n bietjie vir die keel?
Net 'n proesel vir een lag,
net 'n knertsie vir jou prag.
Kon ons net nog eenkeer sê knerts my bra,
Nog net een keer in mekaar se ore kla.
Maar die bottel lê omgekeer en leeg,
ons wyn is uitgesmuit op die beste tyd
- Michael van der Hoven
Seerkry Kind
Jy sidder om daaraan te dink,
dit wat eens jou skip sou sink.
die dae van sukkel en swaarkry.
die dae van kneusplekke en trien ry.
Moelike dae was jou bestaan,
hongerte het jy goed verstaan,
"ge-travel" op die lewe se "lonely" baan.
Jy alleen my seerkry kind,
was altyd een met die dorre wind,
uit om geluk te vind,
iets wat jou aan n smile sou bind.
Jou vebeelding was groot,
jy't elke dag gebid vir die dood.
as die honger pla en daar's nie brood.
Versigtig sou jy in die spieël kyk,
net om weer te sien hoe hartseer lyk.
en kon net jou trane ruik.
Sout op jou lippe,
op jou skouers swaer klippe.
jou hart stukkend, jou siel is seer,
Nou troos jy jouself jy't iets uit die lewe geleer.
- Michael van der Hoven
|