|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Klein en benerig lê die lyfie
Klein en benerig lê die lyfie
´n bondeltjie net net lewe
Hoe lank nog liewe mensie
Voor jou siel bokant jou swewe Oumie klou asb nog so bietjie vas
Veg teen die siek wat jou aftakel
Vir my is jy geen las
Asb moenie jou liggie afskakel Eendag sal die hemel ´n engel ryker word
En ek dink hulle kan so bietjie wag
Ek wil nog lank jou lyfie omgord
En ek wil nog teen jou sagte wangetjie lag
Ek wil nog saggies met jou praat
Vra oor lewe en vra vir raad
Ek wil nog langs jou lyfie inkruip
As ek smiddae na jou kamer sluip
Ek wil nog vir jou ´n biertjie gooi
En sien hoe jou gesiggie kleur na rooi
Oumie ek is so lief vir jou
Dierbare sagte liewe ouma vrou
- Lana Welgemoed
(ongetiteld)
In die dieptes van die donker nag
My hart een groot gesmag
Na liefde so wild en skoon
Jy het in my lyf kom woon Gedagtes wat maal en maal
Vrese wat diep in my hart verdwaal
Angste wat my lyf laat bewe
Sonder jou gaan ek nie lewe Vorentoe lyk so sonder kleur
Gaan ons nog wel gebeur?
N ewigheid saam met jou
Nee, dit klink heeltemal te gou Vat my lyf in jou hande saam
Uit jou mond kom my naam
My brein registreer jou lyf
Teen my beur bitter styf Liefde maak in oggendure
Swetend soekend vir meer
Dryf my op teen jou mure
Gevoelens loop sonder keer My mond soekend na jou
My hande streel oor sagte ronding
Proe ek jou warm nat soos dou
Wil ek myself binne jou dwing Liefdesgloed in jou oë
Maak my hart bewoë
Gevul met soveel geluk
Ek het vir my n ster gepluk
- Lana Welgemoed
Vir Hennie Klein mannetjie met jou seunskind lyf
Reguit haartjies en stekies kuif
In my hart het jy kom nesmaak
My lewe heeltemal aangeraak So vol kommer oor Mamma
Groot man in die huis is jy kamma
En kleinboet word so opgepas
Soos orgidee in n glas Soos jy groter word my kind
Sal jy nog jou roeping vind
Baie in jou lewetjie maak nog seer
Maar ek weet jy sal en wil probeer So nou jou mooiste seunsgesig
Voor wie nog honderde sal swig
Bly net so lief soos jy is
Ons lief jou dis gewis
- Lana Welgemoed
Vir jou en my
Veertjie lig en pragtig is jy
N mondjie so soet soos heuning
Wat my kan soen en soen met mening
My hart dan laat vol raak en dy
Van al die liefde wat te vir hom te veel raak
En my lyf laat bly raak Donker is die nag se kim
Van alles wat voorle harte wat begeer
Om net mekaar te kan bemin
Ja die donker maak seer
MAAR
Kom die son in al sy glorie
Sy strale sag en lief op ons neer
Dan weet ons alles oor n die storie
Iemand is daar, die Liewe Heer
- Lana Welgemoed
Vir jou wat ek liefhet
Jou lyfie wat sag teen my aandruk
Jou hande wat liggies aan my hart pluk
Lippies wat smagtend teen myne vee
Voel ek wil jou my lewe gee
Sagte fluweel ogies wat op my rus
Sê vir my hoe lief jy het
Maak my hart en lyf bewus
Van hoe jy my geheel beset Mag ek jou in my lewe neem
Mag ek jou hart besit
Mag ek jou van ander leen
Mag ek jou uit n sterrehemel pluk Vir my is jy soos ´n wilde turksvy
So versigtig en begeerlik om aan te raak
So soet soos heuning is jy
Maar as ek jou net oopmaak, aanraak,
Is jy vol heerlike pittighede net vir my Kom nou my droom van ´n vrou
Gee my jou hand
Kom ons laat die lewe ons tou
Na dit waarvoor my hart brand Ek het jou lief
- Lana Welgemoed
|