Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

bevonk in die u.k!

ja!howzit? ek smag na my land....
ons is mos die uitgewekenes, weglopers, drosters en die bangbroeke!
van 'n weskus-klong tot 'n pretorianer tot 'n ou-matie,
dit maak nie regtig saak nie want ons praat nog biltong en beskuit taal!

ek is bevonk en ek erken dit met 'n forse seggingskrag van my woordeskat
ag, ons sê-goed wat dan so leka in ons mond pas soos moedersmelk!
dis raar maar waar dude!

ons is oorgeplante suid-afrikaners,
dis 'n struggle daar waar my roots heen terug trek,
te min ching vir wyn en vakansies,
so ek sê my sê - oor alles en nog wat!

die konklussie is dat ek hunker na bietjie "make love not war"
bietjie harmonie,vrede en regverdigheid!
en dan natuurlik rock&roll,wyn en leka boerekos!

so is dit 'n u.k droom of 'n s.a nagmerrie of andersom???????
onvergeetlik tot nostalgies,
patriot of slapgat?
'n rand vir 'n pond vir twee jaar? vier jaar?
vakansie in s.a?
huis in die u.k?

maar gelukkig weet ons waar is ons erfenis -
die produk van eeue der eeue se meet en slyp,
wat dan so volmaak in ons monde en harte pas!

Want hier bly ons bevonkte trotse saffas!

- Winette Louw


eenvoudig net pannekoek blues!

ek verlang na mense wat ek nie ken nie,
ek drink kruie tee vir die down-geid,
want rooiwyn laat my mense bel wat ek nie meer wil ken nie!
en ek raak lus vir als wat leka en lank terug was!

van kuns kampus tot oppikoppi
tassies vol papsakke vir kulturele vrate
vir onvergeetlike vryheid, broederskap, tunes en dop dae!
tot nostalgiese swart maskara strepe op my wange!

prozac of pannekoek?
met kaneelsuiker asseblief!
ek ruik, proe en koester dit in my backpack van onthoue,
toe gewaasemde vensters langs my en jou
inni kombuis en in jou kar!

van leka lag kom leka huil!
candlelight, liefde, passie en lag,
en al wat oorbly is die reuk van reën,
as die 10de pannekoek lyk soos hy lyk
en kaneel beter ruik as jou aftershave!

- Winette Louw


my perfekte jy!

my perfekte jy!

oorweldig my passievol,
gryp my,omhels my en frenchkiss my!

hierdie is 'n liefde in 'n ander galaxy!
ondenkbaar!
dis die lekkerste lekker van al die lekkerkry!

dis 'n drug - jy's my verslawing - met geen bangmaak waarskuwings!

dit was met die eerste oogopslag,
corny maar waar!
tinteling in my are,
jy en die rooiwyn guts,
vasgevang-hooked-gehipnotiseerd!

so 'n stimulerende tintelende gevoel van liefdesvryheid!
en nou's jy my love,
dis ook nie meer 'n versigtige fyn skoenlapper liefde met 'n andersheid wat bang maak nie!

dis destiny, dis grootmens liefde! wees die een,altyd jy!

- Winette Louw


'n abstrakte wegkruiperwêreld

'n abstrakte wegkruiperwêreld

jy toor my tot in die bos,
vleggend deur die stofstormkringe,
dwarrelend tot in 'n warboel van paranoia
soekend na 'n saamvloei van kronkelpaadjies
na 'n bordjie wat aandui- ek en jy -!

ek's bewus van die geritsel in my binneste,
hiperaktiewe breinselle wat elke stofstorm elke kring elke paadjie ontleed!
woorde en blare in die wind,
tog voel en sien ek die sonstrale op my lyf!

minder soek meer vat minder vra!
bere die abstrakte agter die bos,
almal val maar deur stofstorm kronkelpaadjies,
ons paaie het gekruis,geskei en tog gebly!

'n wegkruiperwereld-blare, sonstrale en 'n ek en 'n jy!
'n soekende droom!

- Winette Louw


Jy's soos woorde op 'n wynboks

Jy's soos woorde op 'n wynboks,

Ek kyk en ek kan sien - als maak sin
Dan hou ek my glas stywer vas

My lippe word gevlek
En my oë raak troebel
Jy verdrink - gonners!
En niks maak meer sin nie
Woorde op 'n wynboks-uitgevee!

Was so vinnig so lekka en dan so so klaar
Kruip jy weg agter die woorde of die wynboks?
Wat kan ek vashou?
Jou woorde?

Nog 'n bietjie wyn
Nog 'n bietjie love
Die wyn gee net pyn
Wees tog my angel above!

Kul jou hier, kul jou daar!
Maybe my baby
Ek wetie meer nie!
Maak jou mind op

Kom ons maak woorde saam langs die wynboks!

- Winette Louw


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner