Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die stoel ...

die stoel

staan verlate alleen
in die leë vertrek
vol stof
dit is duister
maar die stoel
bly staan in eensaamheid
dit skree die waarheid
vertel van wat was
en bly staan
in die leë vertrek
van my hart

Wouter Wessels

Ek wag op jou ...

Daar is dale en ook draaie
wyd en diep
waarin ek val en wag
op jou.

Die grond sluk my in,
die reën val
op my.

Ek verdrink in verlange
en dink aan die tye
waarin ek val en wag
op jou.

Sekondes word dan jare
en seisoene draai
op my.

Ek onthou jou nog
al vergeet ek als
en ek val en wag
op jou.

Daarom kan jy my vergewe
en terug kom na waar
ek geval het
na waar ek wag
op jou.

Wouter Wessels

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner