Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling. Digters Anoniem ...
So staan ons maar alleen
Soos die telefoon pale alleen staan
En die kragpale sonder drade staan
So staan ons maar alleen
Soos die skip sonder sy anker rond dobber
Soos die rietjie deur die storm water meegesleur word
En die bome deur n storm wind ontwortel word
Soos n lam stom is voor sy skeerders
En die bees wat na die slagpale gaan
So staan ons maar alleen
Die mens wat hoor hy het kanker
Soos die horlosie wat gaan staan het
En die kar se batery wat pap is
Soos die bok in die leeu se kake
Soos water skaars is in die woestyn
En die mot soek na nektar
So staan ons maar alleen
Die Witkruisarend wat vry sweef op die lugkanale
Die geroep van die Visarend
Die geroep van die houdkapper na sy maat
Die geblaf van die trop Bobejane se leier
Soos die gekerm van n vrou in kraam
So staan ons maar alleen
Al le al die berge nog so blou
En die volmaan bloei oor ons
En die warm somer son skroei neer op ons
Die son verduisterings
Die afwagting van die eerste somer reëns
Soos die blomme blom
Maar die volgende dag weer verdor
Die alleen agterbly van 'n afgestorwe iemand
So staan ons maar alleen
Soos die mens soekend is
Vas gryp aan strooihalms
Soos die mens smag na waters van dorsland
Ly HY ons na groen weivelde
Soos die veld en die diere smag na kos en water
Bly ons afhanlik van HOM
So staan ons maar alleen?
Kyk na jou lewens spore agter jou
Dan sien jy twee rye spore
So staan die mens toe nie alleen nie
Want met HOM in jou lewe
Staan ons nooit alleen nie
Net HY was GODS verlate
Te sterf sodat
Ons nooit weer alleen hoef te staan nie!