AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . BakgatOp 11 April 2008 het die eerte Afrikaanse tiener fliek op die groot skerms begin draai. Wimpie is die skool se grootste "nerd" en sy drome van populariteit begin lyk soos 'n moontlikheid wanneer hy skielik vriende raak met die skool se populêrste meisie. Die fliek mik om insae te lewer oor die tipiese dag tot dag lewe van hedendaagse Afrikaanse tieners in 'n soortgelyke styl van iets soos Roadtrip. Juis omdat die fliek 'n tiener komedie is, is daar besluit dat die musiek van die klankbaan ook gemik moet wees op 'n jong en energieke gehoor. Die resultaat is 'n mengsel van Afrikaanse "pop" en "punk rock" deur die inspirerende jong groepe wat huidiglik die trendsetters is. Die klankbaan het snitte op van die Die Melktert Kommissie, Glaskas, éF éL, Albert de Wet, Straatligkinders, Shaun V en Carlé. Dit is ook die eerste plaaslike fliek wat trots kan sê dat drie van die snitte op die klankbaan oorspronklike snitte is wat spesiaal vir die fliek geskryf is. Die liedjies is Albert De Wet se "Bakgat" wat hy saam met Quentin Prinsloo opvoer, "Not Human" van Shuan V en "By Jou" van Carlé. Daar is 'n duidelike alternatiewe gevoel aan die klanbaan met reeds populêre snitte soos "Engel" van die Melktert Kommissie, "Verloor Myself" van Glaskas en "Formule" van éF éL. Al die snitte op die klankbaan beloof egter om nog groot treffers te word!
|
Musiek |