AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Beenkamers en gangeAmelia MulderWat doen 'n digter met 'n al-kwynende lesersmark, 'n lesersmark wat boonop sku is om nuwe werk te ontdek? Jy maak soos Kabous Verwoed en bring jou poësie na die mense in die vorm van musiek. Verwoed, 'n nuwe stem in die digkuns, het besluit om sy gedigte in 'n kompilasie (of dan dig-album) uit te gee as 'n kompakteskyf. Beenkamers en gange bevat van sy gedigte, in sy eie stem vertolk, ondersteun deur die komposisies van bekende musikante soos Gerald Clark, Lukraaketaar, Klopjag, Piet Botha, Arthur Dennis, Jonathan Martin en Henry Steel. Tussen-in kan ook kort grepe uit liedjies gehoor word deur o.a. Amanda Strydom, Valiant Swart, Bacchus Nel, Jan Blohm en ander. Hierdie insetsels word dan in sg. 'kamers' verdeel, vervleg in die tematiese geheel wat voorgestel kan word as iets soos 'n gedagtewêreld (huis) met verskillende segmente (kamers en gange). Anders as met sanger-digters soos Gert Vlok Nel, Koos Kombuis en die Buckfever Underground, word Verwoed se gedigte nie met sang vertolk in Beenkamers en gange nie. Sy praatstem sweef eerder soms strelend, soms ontstellend saam met die musiek, wat variëer in intensiteit na gelang van die toon van die gedig. Dit is dan ook moeilik om te bepaal wat eerste opgeneem is, stem of musiek.
Die gedigte handel oor dinge soos verlies, afsondering, smagting en het dikwels 'n siniese of ironiese ondertoon. Dit laat jou met 'n gevoel van genotvolle bitter nostalgie. Soos dit maar hoort met poësie. Beenkamers en gange moet bes as 'n geheel beluister word. Dalk eerder afgeluister word, soos 'n vlieg teen die muur van 'n sielkundige se spreekkamer, of in die intimiteit van 'n verliefde paartjie se slaapkamer. Dit deug nie as agtergrondgeraas nie, tensy jy deur Verwoed se strelende stem aan die slaap gesus wil word. Al die verse is ook in die CD-boekie vervat vir verdere betragting. (sien ook Kabous Verwoed se video's) |
Musiek |