Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Ren
Winkels
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Diesel Denim

Luhann het sy loopbaan afgeskop, en sy pad na roem begin stap toe hy op die tere ouderdom van 8 'n Mini-Idols kompetisie gewen het. Nou, na 6 jaar van groei, ontwikkel, en tande slyp in die Kunstefees arena, stel Luhann sy debuutalbum Diesel Denim vry.

Na hy al die verhoog gedeel het met van sy helde soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, en Steve Hofmeyr, het Luhann ontwikkel in 'n energieke verhoogkunstenaar wat weet hoe om met 'n gehoor te toor, hulle op hulle voete te kry, en daar te hou!

Deur sy eie interpretasies van gewilde liedjies op die feeste, het Luhann sy tande geslyp, en sy verhoogsoptrede vervolmaak, en intussen 'n groot en lojale aanhangersgroep gebou deur sy eie oorspronklike materiaal op 'n gereelde basis in sy vertonings te laat geld.

Alhoewel hy van tyd tot tyd sy respekte betoon aan die groot geeste wat hom benvloed het, het hy twee Engelse liedjies in sy vertonings ingesluit, wat sy veelsydigheid des te meer ten toon stel.

Diesel Denim

Die twee liedjies, "Clap your hands, and stamp your feet", en "Baby makes her blue jeans talk" verkyn ook as bonussnitte op sy nuwe album.

Vanaf die eerste noot van die eerste snittte, "Doef Doef Doef" en "Vryf jou lyf", wat ook die leiervrystelling is, maak Luhann dit duidelik dat hy alle bedoelings het om jou aan die dans te kry

!

Daar is geen tekort aan hierdie aansteeklike lekker-dans liedjies op die album nie. "Lief vir jou", "Diesel Denim", "Lovesong", "Baby met die lyfie", en "Ek en my meisie" sal jou die heel aand op jou voete hou!

Die album is goed gebalanseer met die teenwoordigheid van drie ballades - "Sien jy kans?", "Dit was die wind", en "Donker Dae".

Oor die algemeen is die liedjies goed afgewerk, pittig, en verfrissend. Luhann sing van sy been-af hart oor een van sy onderwyseresse, hoe meisies hom laat voel, en 'n algemene lus vir die lewe. In die ballades is sy stem hartstogtelik, eerlik, en hy dra die emosie van die liedjies suksesvol oor aan die luisteraar.

Koop / Buy Diesel Denim … (MP3's)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner