Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Kitaar my siel

My groot baas, sy grusaamheid homself die groot Q het verlede week vir my hierdie cd gegee om oor te skryf. Soos meeste van julle het ek dus 'n frons op my voorkop gekry oor die naam van die duo van wie ek nog nooit gehoor het nie.

My frons het egter verdwyn na ek die stukkie werk beluister het. Dis een van daai wat jy 'n paar keer moet luister net om gewoond te raak aan die nuwe ritme en unieke styl van die 2 Catharinas.

Kitaar my siel, die titel van die CD, klink reg vir my oor. Dit is die geval met die meeste woorde op die cd. Hulle kom lê soos ou kennisse in jou mond.

Die musiek is eenvoudig, maar dien die doel. Ek was veral beïndruk met die dames se gebruik van die wals.

Dit is nogal opvallend dat die Afrikaanse folk-klank al hoe gewilder raak. My voorspelling is dus dat ons nog baie van die 2 Catharinas gaan hoor. Daar is so 5 liedjies op die cd wat uitstaande is en hul volgende album behoort iets werklik spesiaal te wees.

Sorg dat jy voor in die ry staan vir die een, sodat jy later by jou vrinne kan brêg jy het hulle eerste ontdek. So tussen ons kan ek ook laat glip dat die musiek jou meisie romanties ten goede beïnvloed.


6 op 'n skaal van 10



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner