AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . WrokBattery 9 spog reeds met vier albums: Protskrog uit 1995, Strop uit 1996, Gris die volgende jaar en die jongste, Wrok. Op hulle webblad word dit beskryf as 'n "klankstandbeeld" wat genres eenvoudig ignoreer. Dit is glo saamgestel uit angsvolle stories van vrees en mensehaat met ontstellende gehoorlandskappe as agtergrond, brutale en aanhoudende ritmes, 'n goeie skoot funk en boonop 'n paar snaakshede ook. Mens luister nie na Wrok vir ontspanning nie - dis harde werk en dis soms ongemaklik na aan die waarheid, maar dis uitdagend, stimulerend en kreatief en vol teenstrydighede. Die belangrikste kenmerk van die musiek is seker dat Battery 9 weier om die lewe ernstig op te neem en dit regkry om jou te laat grinnik - ook oor jouself. Die bytende liriek in Afrikaans en Engels kon seker net uit Johannesburg se droewe omstandighede gekom het. Battery 9 is Paul Riekert se baba. Hy skryf, speel en neem die musiek op. Battery 9 is die gevolg van Paul se verveling en frustrasie met die kreatiewe beperkings van 'n gewone rock band. Luister gerus na Wrok - dit is reeds bekroon as Beste Rock Album by die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings. Paul beloof ook dat nog 'n album binnekort aan die kom is. |
Musiek |