AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Nadine BlomHaar skrywerstalent het reeds in haar kinderjare 'n sterk impak op haar lewe gehad en word sy in haar matriekjaar deur 'n medeskolier genader om 'n liedjie te skryf vir Sterre 2000, welke liedjie aangewys is as wenliedjie van die jaar. Sy besluit egter om te gaan regte studeer aan die Universiteit van Pretoria, voltooi haar articles in 2001 en word toegelaat as 'n prokureur van die Hoogeregshof. Die musiek bly roep en besluit sy om weer sangopleiding te ontvang en om met 'n sangloopbaan voort te gaan. Sy ontvang formele opera opleiding by Ravonne Swart, 'n paar meesterklasse by Gisela de Villiers en is tans 'n student van Anna Hogberg, 'n jazz dosent verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Sy stel haar eerste cd, Reën, vry in Februarie 2003 en RSG voeg binne 3 weke na vrystelling Sondagmiddagblues op hul speellys. Ook die liedjie Potchefstroom is tans daar gespeellys en maak dit haar en van die bevoorregte kunstenaars wat met twee liedjies speellys status verwerf op een van SA se grootste en mees gewilde radiostasies. Alhoewel sy klassieke sang opleiding ontvang het bly haar eerste liefde Afrikaanse ligte musiek wat sy self skryf. Nadine lewer gereeld vertonings en het reeds haar vyftiende liedjie voltooi wat strek van blues en jazz tot ballades en selfs 'n tango! Haar poëtiese lirieke in Afrikaans en eksotiese ritmes maak dit iets besonders om na te luister. Sy het in November 2003 'n draai gemaak op Dis hoe dit is met Steve en het ook verskyn op Kunskafee. Nadine het vir die eerste keer haar hand gewaag aan 'n kunstefees verlede jaar by Aardklop en het sopas teruggekeer van die KKNK waar sy op die RSG verhoog, Rock Art en Parmalat/Musica verhoë gesing het. Sy is veral lief vir die dinamika wat daar bestaan tussen haar en haar band saam met wie sy op 'n ad hoc basis vertonings doen. Die band bestaan uit Nico - perkussie (Seereus), Michelle Ohloff - baskitaar & akkoestiese kitaar (voorheen by Mirka), Dawie de Jager - akkoestiese kitaar (Klopjag) en Wern - dromme (Klopjag) & verhoogbestuurder). Sy is tydens 'n onderhoud op Tjailatyd deur RSG se Shemane Harris bestempel as 'n absolute vonds vir Afrikaanse musiek. Venues waar sy al opgetree het sluit in die Fairhill Teater/Bistro, die Moonbox Teater, Blue Crane, Cafe Barcelona,Back to Basics in Melville, Montpellier de Tulbagh asook The Grange in Durbanville en Sirocco´s in Gordonsbaai in. |
Musiek |