AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Boland PunkBOLAND PUNK bevat 12 hermeesterde weergawes van Valiant se kragtigste punk-rock treffers van die afgelope 13 jaar, asook die veelbesproke nuwe snit "Die Bom Kom", PLUS heropgeneemde dansweergawes van "Die Mystic Boer" en "International Maria". In die omslagboekie skryf Valiant iets oor die omstandigheidgetuienis rondom die herkoms en ontstaan van elke song op die album. Die rumours rondom hierdie CD het ontstaan nadat 'n kortspeler van drie nuwe snitte op 10 September aan platejoggies gestuur is. Een van die nuwe snitte op die kortspeler is getiteld "Die Bom Kom" en op die agterblad van die omslag was 'n passasiersvliegtuig, besig om deur 'n ring van sterre te vlieg. Hierdie stukkie onreine waarheid het almal se hare in pure punk styl regop geruk. Die song is reeds vóór die einde van die vorige eeu geskryf en gedurende Augustus 2001 opgeneem... Dus, om op te som: ... BOLAND PUNK bevat tonne van die beste wat hierdie Supersuave Blonde Boland Rocker punktueel (punk intended) oor die afgelope 13 jaar aan die skerp kant van dinge gedoen het, plus 'n bonus van drie nuut onwerpte bomme waarmee hy die skerp kant nóg skerper skuur. 'n Absolute moet vir alle ou en toekomstige Valiant fans en kruisvaarders van ontstuimige gatskop Suid Afrikaanse Punk Rock.. Hy´s nou los... LEKKER DANS...! |
Musiek |