Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Ek hou van jou

Ek hou van jou

Altesaam 25 000 eenhede van Robbie Klay se vorige twee Vat 5-albums My naam is Robbie en Tokolosh is verkoop.

Robbie het op vyf-jarige ouderdom begin sing en sy gewildheid het geweldig toegeneem vandat hy in 1997 sy eerste album uitgereik het. Nou is die aantreklike 14-jarige jong man met die lang hare terug met 'n meer volwasse album, ideaal vir die tienermark sonder om sy ander aanhangers te vervreem.

Robbie se stem is nou heelwat sterker en ryker en hy sing op Ek hou van jou 'n aantal splinternuwe inheemse nommers wat spesiaal vir hom geskryf is - die titelsnit Ek hou van jou, Gee my jou nommer, Die lewe lyk doodreg en Ek wil net sing. Laasgenoemde is sy lewensverhaal vasgevang in 'n rap-liedjie geskryf deur Deon Robbertse en Jurie Els.

Robbertse, die uitstekende jong verwerker, het die snitte op hierdie album behartig en Ian Vos is die ingenieur. Die album is opgeneem by De la Rey-ateljees wat sorg dat hierdie Robbie Klay album 'n lekker nuwe klank het. Jurie Els is die uitvoerende regisseur.

Die album sluit Leon Schuster se komiese "Gautengeleng", 'n ou countrytreffer "Are you mine " en 'n paar lekker rocknommers in - onder meer die nuwe komposisie "B-B-Baby" geskryf deur Deon en Jurie. Steve Hofmeyer se "Alles vir niks" en "Ek weet, jy weet" en "Looking for freedom" van David Hasselhoff is ook daar.

By die vernuwing is daar ook 'n heerlike outydse keurspel van bekende tradisionele Afrikaanse liedjies op die cd - hierdie keer met 'n lekker danstempo. As 'n bonussnit is daar die duet met Jurie Els "Plek vir twee", 'n inheemse skepping van Danny Anthill.

Die album spog, soos Robbie se vorige albums, met pragfoto's van die jong ster en al die lirieke is in die cd-boekie beskikbaar. Robbie word gereeld op tv gesien, onder meer in programme soos Noot vir noot en Geraas en hy tree ongeveer 150 keer per jaar regoor Suid-Afrika op. Robbie Klay is hier om te bly.

Kobus Buys van BMG Records Africa kan nog inligting gee oor Robbie Klay en sy cd's. Sy nommer in Johannesburg is (011) 242-3000 of stuur e-pos aan Kobus.
Koop/Buy Ek hou van jou...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner